Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Terugvoer•Feedback

Weens beperkte spasie, mag briewe verkort en geredigeer word.

SA Boerperd Pleasure ride
Kate and Erin da Silva from Gauteng write:

When our father phoned to say that the SA Boerperd Society had invited us to -Harrismith for the annual pleasure ride, we really didn't know what to expect. We were very excited and even cut our Ballito -holiday short.

We learned a lot about horses. Coming from the city with show ponies, we were a little concerned as our horses are not used to the hard and rocky terrain. Our ponies were in their element. The people were so welcoming and the way in which they lent their horses to us was really touching. Most of the people didn't think we could ride, but when we hit the gallop we were soon one of them, becoming friends.

One of the farmers told us on the 40 km outride that your horse is your friend, but he is not a human. We also learned that if you put your trust in your horse, you can accomplish anything you want.

Boerperde are one of the strongest horses that can take on rocky terrain. They are very good endurance horses and can take on any challenge that they are confronted with. The horses and riders were faced with the task of controlling their horses up and down the rocky slopes of the mountains and crossing the rivers.

We expected our farm experience to be very much like home. But when a horse got lost, never mind your bridle, you just put on a halter and away you went. At first we were surprised when the farm boys went -cantering without a saddle, but we soon started to accept it.

We also learned a lot about camping in the wild without technology. The people we met were very welcoming, helpful and the best people we have ever socialised with. These people were happy and generous and everyone accepted each other for who they were.

We would love to do something like this again as you can bond with new -people, learn new facts about your horse and enjoy quality time with family, friends and your horse.

Nabetragting Fauresmith 2009
Norman Ceronio skryf:

Wat 'n opwindende en aangename -Fauresmith 2009 nasionale byeenkoms was dit nie vanjaar nie. Volgens die amp-telike rituitslag het 387 ruiters met hulle perde weggespring. Statistiek wys egter dat dinge nie so goed gegaan het met die deel-nemers nie: 40,6% van die swaargewig ruiters; 39,5% van die standaardgewig-ruiters; 36,7% liggewigruiters; 51,5% -junior ruiters en 22,8% van die kinderrui-ters is geël-imineer. Met ander woorde, 40,8% het dit -ongelukkig nie gemaak nie.

Wat het verkeerd geloop dat soveel toegewyde en entoesiastiese deelnemers nie hulle droom om Fauresmith klaar te maak, kon verwesenlik nie?

Nou is die tyd om introspeksie te doen. Alles wat ek as ruiter vir my perd kon doen, het ek gedoen en nog 'n bietjie meer. Maar my perd was mank. Ja, dit is die harde werklikheid. Ses-en-sewentig komma vyf persent van alle eliminasies was as gevolg van mankheid. Die grootste persentasie was onder junior ruiters met 75% van hulle eliminasies vanweë mankheid.

Wanneer ons fout soek, moet ons by -onsself begin. Het jy in balans en -harmonie met jou perd gery? Was jou perd saamgevat (collected). Wat was jou plasing in die saal? Wat was jou posisie in die saal? Hoe was jou hande se kontak met die perd se bek? As hierdie dinge nie reg was nie, kon jy veroorsaak dat die konkussie op die voorbene so geweldig was, dat die perd mank geword het na gelang van tyd en afstand. Die rede vir hierdie konkussie is omdat die perd se liggaamsposisie nie reg was nie.

Weet jy regtig waarvoor is die volgende: Teuelhulpmiddels, beenhulpmiddels, gewighulpmiddels, bykomstige hulpmiddels en koördinasie van die hulpmiddels. Wat weet jy van leibene (nog 'n rede vir mankheid)? Wat is lonseer? Weet jy wat is "light seat"? Weet jy wat is resonansie (Lew Hollander sê in sy boek -hiervan: "A tool for winning, be one with your horse, ride in resonance")? Kan jy dit alles reg toepas?

'n Goeie ruiter kan van 'n perd 'n sukses maak, maar 'n swak ruiter kan van 'n goeie perd 'n wrak maak. Steek hand in eie boesem. Bou aan jou span! As daar nie fout by die perd is nie, is dit die jokkie. Moet nie jou perd teleurstel nie!

(Norman bied aan die begin van die Desembervakansie 'n ruiterskapskool vir junior uithouritruiters aan. E-pos hom gerus by n.ceronio@zipplink.co.za – Izak)

Gewenste eienskappe van die boerperd
JR Bührman van Ermelo skryf:

Uit die kantoor van die Transvaalse Landbou-unie in Pretoria, is die -volgende aan my oupa (JR Bührman) gestuur: Transvaal Veetelers Vereeniging De Voornaamste Punten van het Boer Paard.

Hierdie dokument is onderteken deur FT Nicholson wat die sekretaris van die destydse Transvaalse Landbou-unie was. Ongelukkig is die dokument nie gedateer nie, maar ek reken dit moes tussen 1905 en 1912 opgestel gewees het.

Hierdie dokument onderskryf dan ook die siening van Lötter -Bekker oor die trippelaarperd. Volgens hierdie dokument word teen 'n trippelaar gediskrimineer. My oupa het egter die volgende interessante kantaantekening op die dokument aangebring: Trippelen was een van den meest gewenschde eigenskappen van 'n Boerpaard.

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.