Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Die prys van inligting

Toe ons die eerste uitgawe van SA Horseman in Januarie 2006 die lig laat sien het, was ons eintlik oorweldig deur die ongelooflike positiewe reaksie van lesers regoor die land.

Ons missie was baie eenvoudig: Om kwaliteit inligting oor horsemanship beskikbaar te stel aan almal wat daarin belangstel. Intussen het ek 'n begrip raakgeloop wat waarskynlik 'n groot deel van ons dilemma dat ons nie 'n goeie Afrikaanse woord vir horsemanship kon kry nie, sal oplos: Perdemeesterskap. Horsemanship direk vertaal, is perdemens, maar in -Afrikaans is die betekenis van die woord vir my te veel verwater, vandaar die -alternatief, naamlik perdemeester.

Hoe dit ookal sy, perdemeesterskap was waaroor dit vir ons gegaan het. En dit is steeds waaroor dit gaan. Dit was ook ons mikpunt om vir solank as moontlik die boek gratis aan ons lesers te verskaf. Die tyd het egter nou -finaal gekom dat ons dit nie meer kan doen nie. Vanaf Januarie 2010 sal ons betaling moet vra vir SA Horseman.

Ons strategie om die tydskrif van 'n -gratis publikasie oor te skakel na 'n betaalde -publikasie, is soos volg. Eerstens nooi ons julle almal om die intekenvorm wat by hierdie -uitgawe ingevoeg is, in te vul en aan ons terug te stuur, tesame met 'n bewys van betaling, -sodat jy jou tydskrif oudergewoonte in die pos kan ontvang.

Tweedens sal die tydskrif by eksklusiewe verspreidingspunte in die land beskikbaar wees wat deur perdemense besoek word, soos byvoorbeeld saalwinkels en voerhandelaars. Maar jy kan 'n groot invloed uitoefen van waar die tydskrif in jou gebied beskikbaar moet wees, deur aan ons die naam en kontaknommer van die ideale verspreider in jou gebied te SMS, sodat ons hulle dan kan nader om besigheid te praat. SMS die woord "DIST" saam met jou voorgestelde verspreider se naam en kontaknommer na 34994 (SMS'e kos R2).

Die tydskrif sal teen 'n aanbevole prys van R20 in die handel beskikbaar wees, maar as jy vir 'n jaar inteken sal dit jou net R100 kos. Jy kry dus een uitgawe gratis as jy inteken. En as jy voor die einde van hierdie jaar inteken, kos dit net R80! Boonop kry die eerste tien intekenare wat voor 30 November getrek word, hulle 2010-subskripsie gratis!

Ons sal 'n lys byhou van die afsetpunte in die land waar die tydskrif oral beskikbaar is. Die lys sal ook op www.sahorseman.co.za, beskikbaar wees.

Hierdie uitgawe, die September 2009-uitgawe, is dus die tweede-laaste uitgawe wat gratis versprei word. Die November-uitgawe is die laaste. Vanaf Januarie volgende jaar sal die boek te koop aangebied word.

Ons glo dat 'n jaar se intekenaarskap op SA Horseman 'n uitstekende Kersgeskenk vir 'n perdevriend kan wees. Moet dus nie tot op die nippertjie wag voor jy jou intekenvorm voltooi en aan ons terugstuur nie. Doen dit nou!

Izak Hofmeyr

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.