Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Die verhaalvan drie L’le
deur Abré Pienaar

Toe die ruiter-perd kombinasie van Lani Pienaar en Arkab -Legato vroeër vanjaar die 160 km kampioenskap tydens die FEI Drienasiekompetisie op Beaufort-Wes in ’n tyd van 9 uur 37 minute en 44 sekondes wen, en toe nog boonop aangewys is as die bes voorbereide perd op die rit (120-km perde ingesluit), sou niemand jou verkwalik het as jy tydens daardie oomblik in wonderwerke geglo het nie. Want sien, pas ’n jaar tevore was Legato op die rand van die dood.

Hier is die storie van die drie L'le – -Lani, Legato en Louise Botha ...

Lani en haar Arabier-Boerperdkruising, Arkab Legato, was goed voorberei vir 2008 se Louise Botha 160 km FEI uithourit. Van die wegspring om 03h00 op 22 Maart 2008 af, het Lani en Legato goed gelyk en goed gery.

Op 142 km is Lani drie sekondes agter die ruiter wat eerste lê en Legato lyk sterk. Met groot afwagting wag almal op Fauresmith vir die voorlopers om in te kom vir die einde van die wedren.

Bekommernis
Net buite Fauresmith, so 3 km voor die eindstreep, is Legato vóór op ’n draffie toe hy net skielik gaan staan. Met die rituitslag al hoe minder belangrik en bekommernis oor haar perd al hoe groter, vra Lani dat die veeartse uitkom. Na donker die aand besluit hulle om Legato net dáár op ’n drip te sit.

Later die aand vervoer ons hom – met moeite – terug na Fauresmith en die -Slanggat. Ná behandeling neem Lani vir -Legato vir ’n stappie – en onmiddellik keer sy bekommerd terug: Legato slinger en lyk of hy nie op sy voete kan bly nie, rappor-teer sy. Hierna draai die nag al hoe slegter uit. Ten spyte van die intensiewe aandag van twee van Suid--Afrika se top perdeveeartse, ontwikkel Legato ’n brein-edeem, verloor sig en balans, en val só in die stal met sy steenmure rond, dat sy hele kop naderhand vol bloed is en beide oë stukkend en opgeswel is. Teen tweeuur Sondagmôre staar ons die vraag in die gesig of ons hom van sy leiding moet verlos.

Maar wanneer die nag op sy donkerste is ... In die vroeë oggendure stabiliseer die behandelingsveearts vir Legato. Teen laat Sondagoggend begin hy aan so één grassie peusel; te midde van groot verligting van ons almal. Ons kan hom nie in hierdie toestand vervoer nie en bly dus nóg ’n nag op -Fauresmith oor. Maandagoggend neem ons vir Legato Midrand toe, huis toe, waar ons hom direk by die perdehospitaal inboek. Hy bly vir tien dae daar.

Benewens die letsels aan sy kop, toon ’n skandering dat Legato ook interne skade aan van sy organe opgedoen het. Maar ons grootste probleem is dat niemand – nie -ruiter nie; nie veeartse nie – kan verklaar hoe ’n fiks en opgeboude perd wat goed lyk op 142 km, 15 km later net kan stop en byna doodgaan.

In hierdie stadium aanvaar ons selfs dat Legato dalk nooit weer aan uithouritte sal deelneem nie. Lani neem haar voor dat, selfs al kan sy Legato in die toekoms iewers weer op ’n uithourit ry, dit slegs oor kort afstande sal wees.

Tyd vir herstel
Deur die winter van 2008 versorg Lani haar perd en stadig begin hy gesond word. Sy -organe herstel heeltemal, tot ons vreugde. Die dag breek aan toe Lani vir Legato aan ’n leiriem op ’n kort stappie neem. -Geleidelik word hierdie stappies langer, totdat sy so 3km langs haar perd kan stap en Legato haar nog steeds rustig volg. Dit is ’n baie -intieme tyd vir Lani en Legato.

In Junie breek ’n groot geleentheid aan toe Lani vir Legato opsaal en hom op ’n -stadige stap oor dieselfde 3 km-roete ry. Teen Julie draf hule en die 3 km word tien. ’n Rustige -galop volg en die afstande word al hoe langer.

Toe gaan sien Lani ’n dokter wat haar vir ’n handbesering behandel. Hulle gesels oor ditjies en datjies, en Lani vertel van die -gebeure met Legato op Louise Botha. Die dokter maak sommer so ’n terloopse opmerking dat dit vir hom na ’n elektrolitiese wanbalans klink. Maar vir Lani is dit asof ’n liggie in haar kop aangaan!

Sy vind navorsing oor die -simptome, oorsake en gevolge van elektrolietwanbalanse. Geleidelik lei die spoor na die rol van te veel en te min natrium in die liggaam. In Augustus lê sy haar gevolgtrekkings aan die veeartse voor: Deur Legato bykomende elektroliete tydens die rit te voer – en hoe warmer dit geword het, hoe meer – het ons natriumskok in sy liggaam veroorsaak.

Die veeartse bestudeer Lani se teorie en volg haar redenasie met belangstelling. Aangesien die navorsingsdokumente egter op mense van toepassing is en nie op perde nie, is dit moeilik om ’n finale uitsluitsel te gee. Maar vir Lani is dit genoeg.

Terug in die tuig
In Augustus neem Lani vir Legato vir ’n baie, baie stadige 30 km uithourit en voer hom net water en gras. Legato is bitter moeg aan die einde van die rit maar Lani is optimisties. In -Oktober neem sy hom wéér uit vir ’n uiters stadige 30 km rit. Hy lyk baie beter.

Met lente in die lug verbeter die perd sigbaar van week tot week. Lani vind dit al hoe moeiliker om hom terug te hou tydens oefenritte; hy wil net ry! In Desember ry sy hom vir 80 km op die Randfontein uithourit. Alhoewel sy uiters stadig ry, kondig Lani ná die rit met groot vreugde aan: “Legato is terug!”

En so begin ons toe 2009 met ’n plan om Legato weer terug na die top van uithouritte te neem. In Januarie ry Lani vir Legato op nog ’n 80 km roete; maar hierdie keer laat waai sy met die spoed; so vinnig as wat sy dink Legato dit kan hanteer. En hy hanteer dit baie, baie vinnig!

Met die Mogale-rit in Februarie waag sy ’n groot sprong: In plaas van haar eie liggewig, vra sy haar vriend, Tobias Doyer, om vir -Legato baie stadig oor 120 km te ry terwyl sy hulle al die pad op haar ander perd vergesel. Daardie aand kry Legato die prys vir die -bes-voorbereide perd, nie net in die swaargewigkategorie nie, maar ook algeheel: Beste van die beste.

Nuwe lewe
So begin ons dan ons terugkeer na Fauresmith. Louise Botha 2009 begin om 04h00 op ’n lieflike dag. Deur die lang dag met al sy -gelaaide herinneringe aan laasjaar, hou almal asem op; nie net ons span nie, maar amptenare en mederuiters en skynbaar almal wat weet van laasjaar. Lani en Legato ry Louise Botha 2009 rustig en gemaklik.

Uiteindelik, sesuur die aand en op ’n -gemaklike galop, voltooi Lani en Legato die 160 km rit. Alhoewel sy heelwat agter die voorlopers eindig, is die applous en fluite en uitroepe toe sy oor die eindstreep galop oorverdowend. Lani is in trane en mens sien ’n hele paar mederuiters, beamptes en selfs ’n veearts of twee wat met die hand oor die oë vee.

Legato lyk of hy reg is om nog verder te ry...

What the vet says
Here is Dr Marc Walton's, BVSc, Ceres Veterinary Hospital, take on Legato's situation:
Legato developed a condition known as “Exhausted Horse Syndrome” (EHS) which then progressed to cerebral or fore brain swelling. Very little is known about how the condition develops and what the best therapy is. Extensive literature searches on the internet have revealed little.

Three cases have been seen in South Africa over the last five years, two of these at Beaufort Wes 2009 (vets in Spain and Dubai have reported a handful of cases in the last few years). All of them were at the end of rides over 100 km and it seems the condition is confined to the longer rides such as 120-160 km. The South African cases came from different areas, with -completely different nutritional and electrolyte regimes. All cases were fit horses with experienced riders! All had one thing in common – prolonged exercise.

The sodium connection
EHS does not necessarily imply riding too fast. A long day’s prolonged exercise in the hot sun is associated with an increased body temperature, lowered blood sugar and low blood electrolyte levels due to loss in the perspiration. These combined may eventually cause the horse to develop changes in the forebrain such as changed nerve function and even swelling in severe cases! The author’s opinion is that the main culprit is extremely low blood sodium.

Affected horses show a reluctance to continue exercise, high heart and -breathing rate, dehydration and no gut sounds. Also characteristic are the muscle tremors and changed behaviour such as swaying and drunken gait (ataxia), agitation, restlessness and even progressing to pressing their head into the corner of their stables and finally convulsions. The disease is progressive.

Traditional therapy for exhausted -dehydrated horses after short distances, included dripping large volumes of -fluids (such as Ringers) as well as calcium supplementation. However, in these cases their blood sodium levels are further lowered by calcium and large volumes of low sodium drips (in the -author’s opinion). They are now given high -sodium saline first. Sedatives such as Valium control the seizures. Having blood chemistry machines at rides helps to correctly identify and treat electrolyte deficiencies.

Why does it happen?
Unfortunately, no common thread has been identified yet so it is difficult to make recommendations on how to prevent this condition. Interestingly, both horses at Beaufort West developed identical symptoms within 500 m of each other (1 km from the finish line). A similar condition is seen in humans after the Comrades marathon due to incorrect -fluid and salt intakes. We possibly need to re-evaluate our electrolyte programmes for 100--miler rides. Recent talks by Prof David Marlin seem to indicate that our current regimes are too high in potassium levels.

A take home message is to contact a -veterinarian immediately if your horse begins to show nervous symptoms at an endurance ride. Rapid correct therapy will prevent the condition progressing to the awful experience that Lani and -Legato had to go through …

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.