Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?


Hoofbeat • Hoefslag

Vernuwings vir rasgenootskap

Die hersiening van die SA Vlaamperd­telersgenootskap se grondwet, asook die herskrywing van rasstandaarde en aanpas­sings van die skoureëls, is deur Marius Kemp as hoogtepunte van die afgelope jaar beklemtoon, in sy voorsittersrede op die jaarverga­dering van dié genootskap op Malmesbury.

Volgens Kemp was dit die eerste keer sedert die stigting van dié organisasie 'n kwarteeu gelede dat die grondwet herskryf is. Op die vergadering is ook kommer uitgespreek oor die feit dat die gebruik van sekere rasse vir teeldoeleindes, wie se gene-oordraging uiters sterk is, daartoe kan lei dat van hulle eienskappe in oormaat aan die nageslag oorgedra word.

Patat Basson van Malmesbury het gewaarsku dat dit by hierdie steeds ontwikkelende ras nuwe rasstandaarde tot gevolg kan hê. Kemp het egter die versekering gegee dat, ofskoon rasstandaarde "nooit lewenslank presies dieselfde kan bly nie", daar altyd aan dié standaarde voldoen sal word. Die genootskap beskik immers oor keurders wat moet toesien dat dit die geval is.

Kemp, wat weer as voorsitter herkies is, het gesê daar is 'n groot vraag na SA Vlaamperde. Teling moet dus met vasbeslotenheid voortgesit word om daaraan te probeer voldoen. Boeta Smit van Lutzville is as ondervoorsitter herkies met Koela Smit, ook van Lutzville, Hoffie van Blerk van Malmesbury en Izak Vollgraaff van Nieuwoudtville as bykomende bestuurslede. – Hennie Basson

Die veeldoelige Friesperd

Die verskeidenheid klasse en vertonings op die onlangse nasionale kampioenskappe van die Friesperdtelersgenootskap van Suid-Afrika, toon die veelsydigheid van hierdie ras en is bewys daarvan dat dit lankal nie meer net as 'n tuigperd bekend is nie, sê die voorsitter van die genootskap, Le Roux Botha.

Op die kampioenskappe, wat vanjaar vir die eerste keer in Bloemfontein gehou is, was daar talle items en inskrywings in die klasse onder saal. Botha sê dat hoewel die hoeveelheid inskrywings in die tuigklasse nie heeltemal na wense was nie, word die belangstelling daarin om perde in te span in die sentrale en noordelike provinsies al hoe groter. Die tegniek hiervoor is egter steeds in hoofsaak in die Wes-Kaap, sê hy.

Hy is egter trots daarop dat 'n span van agt – dié van Arno van der Merwe van Rustenburg – aan die kampioenskappe deelgeneem het. Die bekende ingevoerde hings, Wietze van't Sonnis van Dawid le Roux van Hartbeespoort is as die opperste kampioenhings aangewys. – Hennie Basson

Neill strikes gold

Bakers Biscuits, a brand of Snackworx, sponsored this year's National Show­jumping Championship held on 10 ­August 2008 at the Cyril Geoghegan ­Stadium in ­Durban. This event is one of the most ­prestigious on the ­national showjumping calendar, as the winner will hold the title of South African champion, a title all showjumpers aspire to.

Shaun Neill was the 2007 South ­African champion on his spectacular horse, ­Delmon's Gold Rush. The course builder for the event was Andreas Hollman from ­Germany. Read the next edition of SA Horseman for the ­results. – Suzanne Boswell

Yanks wil SA Percherons invoer

Nie net beoog al hoe meer boere om weer, soos dekades gelede, swaar trekperde in hul boerdery-ondernemings vir veral trekdoeleindes te gebruik nie, maar daar is selfs belangstelling vanuit die Verenigde State om Percherons uit Suid-Afrika in te voer.

Gerrie van Zyl het in sy voorsittersrede op die jaarvergadering van die Percheron­telersgenootskap van Suid-Afrika op Elsenburg, gesê dit is merkwaardig, veral omdat die ras enkele jare gelede in ons land byna tot niet gegaan het.

Die pryse wat voornemende kopers bereid is om vir diere van hierdie ras te betaal, word al hoe hoër, soos op die pas-afgelope stoetveeveiling van die Wes-Kaapse departement van landbou te Elsenburg bewys is.

Die hoogste prys ooit in die land vir 'n Percheron, R56 000, is deur die pas-gestigte Gemini-stoet betaal en rekordboeke is herskryf vir die gemiddelde pryse vir beide hingste en merries. Dit was onderskeidelik R40 250 vir agt merries en R25 000 vir vier hingste.

Die totale omset van R422 000 vir die Percherons was eweneens 'n rekord. Van die perde is deur kopers van sover as KwaZulu-Natal, die Oos-Vrystaat en Noordwes op­geraap.

Die vorige rekordprys van R36000 wat in 2004 vir 'n hings betaal is, is op vanjaar se veiling deur nie minder nie as vyf merries oortref. Die rekordprys is vir die twee-en-'n-halfjaaroue Elsenburg Martie ­betaal. – Hennie Basson

Farriers strut their stuff

Dave Hyslop and Ami de Wet (right) busy shoeing a draft horse as a team entry during the recent farriery competition held at Ponderosa Ranch in Nelspruit

Well-known farrier, Sean Eggersglutsz, and Scott Borland shoeing a draft horse in the team entry at the farriery competition held recently at Ponderosa Ranch in Nelspruit. Borland received the award for best-shod footTrekperde nou op internet.

Trekperde nou op internet

Nuus en ander wetenswaardighede oor die Suid-Afrikaanse trek- en karperdbedryf, kan nou op die internet gesien en bestudeer word. Dit het onder meer die handhawing en uitbreiding van die plaaslike trekperdopset ten doel.

Nie net sal nuus oor trekperdaktiwiteite gereeld opgedateer word nie, maar kan perdeliefhebbers hulle vergewis van inligting oor die verskillende trek- en karperdrasse (asook ponies) in die land en word 'n forum geskep vir diegene wat verwante ambagte en erfenisse in stand hou. Dit het ook werkskeppingsgeleenthede in dié bedryf ten doel.

Volgens die bestuurder van die nuwe webtuiste, Hennie Basson, betree die plaaslike trekperdbedryf hiermee 'n nuwe era waarin aan kommunikasievereistes van moderne tye voldoen kan word. Hy beskou hierdie inisiatief as die ideale "enjinkamer" vanwaar kragte in die plaaslike trekperdbedryf saamgesnoer en nuwe momentum aan die bedryf in geheel gegee sal word. Hiermee moet ook 'n internasionale gehoor bereik word.

Perde-entoesiaste kan selfs lidmaatskap van hierdie inisiatief verkry. Om hieraan mee te doen, is verskeie aansluitingspakette geskep. Volgens Basson, wat ook 'n medewerker van SA Horseman is, moet dié aktiwiteit as aanvullend tot hierdie gesogte tydskrif gesien word. Om toegang tot hierdie inisiatief te verkry, kliek op www.sadraughthorse.com.

SA dressage champs

The 2008 South African individual dressage championship and South African individual dressage freestyle to music championship, were both won by Adriaan van Wyk riding Fiona MacKenzie's Ibanez. The interprovincial team competition was won by KwaZulu-Natal. The next big show on the calendar is the FEI world dressage challenge to be held from 16-21 October 2008 in Shongweni, KwaZulu-Natal.

Dressage rule change

At the meeting of the national judges selection committee and the national technical committee on Saturday, 19 July, the following was decided:

Flyhoods and rubberised spurs are to be permitted at all provincial and national dressage shows with immediate effect. The flyhoods should be in unobtrusive colours, as close to the horse's colour as possible. The ground jury has the right to inspect the flyhoods if it is found necessary. Flyhoods are not permitted without the permission of the international judges at the FEI challenge.

Copyright © 1998 - 2007, Horse Junction. All rights reserved.

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.