Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?


Fauresmith se kampioene
deur Izak Hofmeyr

Hannelie Fourie en Idaho Prins, 'n negejarige deelsgeteelde Arabier, was die algehele wenners van die 2008 Subaru Fauresmith 200. Hulle wentyd was 8 uur, 18 minute en 2 sekondes. In die tweede plek was Ami de Wet jnr op Jozami Ability in 'n tyd van 8 uur, 23 minute en 06 sekondes.
Hierdie was maar die tweede keer dat beide Hannelie en Prins aan Fauresmith deelgeneem het. Voor die rit het hulle ses ritte van 80 km en een Fauresmith voltooi. Die twee het saam in 2007 begin uithouritte ry.

’n Perd met potensiaal

"Prins behoort aan Joe Maree van Stella. Hy het drie perde hier na ons by Louwna gestuur om vir uithouritte voor te berei. My man, Kallie, en ons kinders, Alecia en Schalk, ry uithouritte, en so het dit gekom dat ek die makste van die drie, Prins, in die oefeningritte begin ry het. Ons het besef dat hy potensiaal het toe hy verlede jaar 20ste op Fauresmith gekom het," vertel Hannelie.

Die oefenroetine het bestaan uit 'n daaglikse afstand van tussen 15 en 25 km, behalwe vir die laaste twee maande voor die rit, toe Prins na Piet Hayward, die buurman, gestuur is. Piet se seun, Nico, het Fauresmith drie keer gewen. Hannelie het dan twee keer per week 'n 30-km rit met hom gaan ry.

"Ek het geensins aan wen gedink nie, maar ek sou graag binne die top tien wou eindig, en só dalk in aanmerking kom vir die nasionale span vir Walvisbaai. Die eerste aand sien ek toe ons lê sesde, en die tweede aand, tot my groot verbasing, tweede! Dis toe dat Kallie vir my sê om die kans te vat en te ry vir 'n wen.”

Wenpaal toe

"Prins was ongelooflik sterk op die derde dag. Ek moes hom die hele tyd inhou. Ek het soms 42 km/h op my GPS gemeet. Hy het die pad geken en geweet ons maak vandag klaar. Dit was ongelooflik."

Prins se sukses het daartoe gelei dat sy eienaar, Joe Maree, 'n aanbod uit Dubai gekry het wat hy nie kon weier nie, met die gevolg dat die perd reeds uitgevoer is.

As sy nou terugkyk na haar ondervinding op Fauresmith, dink Hannelie dat mens nie regtig 'n wen kan beplan nie. Daar is te veel veranderlikes wat die perd kan beïnvloed.

"Wat ek wel kan sê is dat jy jou perd baie goed moet ken, dat julle baie fiks moet wees, en dat die perd vetreserwes moet hê. As ek dink dat ek self 3 kg oor die drie dae verloor het, kan ek net dink hoeveel die perd moes verloor."

Hannelie het tans drie jong perde in oefening, waaruit sy hoop haar volgende uithouritperd sal kom.

Development team tastes success
by Greg Miles, team manager

A South African development riders’ team was chosen to compete against all provinces and the national team over the 200 km Fauresmith 2008 ride. The team consisted of Arnold Nkosi, Hendrik Oageng, Frans Kok (team captain), Greg Miles (team manager), Jantjie Moleleki, Vincent Windson and Stefaans Tshobeng.

A total of 28 teams took part in the event, including the Erasa team and Amahashe, the South African development team. Of all teams, only four had 100% completion, where all six riders completed the ride successfully. These teams were Eastern Cape Junior, Northern Union Junior, Northern Cape Senior and the Amahashe.

Many of the development riders had novice horses and had never competed at Fauresmith before, thus their achievement at Fauresmith is a feather in their cap and shows untapped potential and willingness to learn.

Copyright © 1998 - 2007, Horse Junction. All rights reserved.

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.