|
In endurance terms, we now stand at the beginning of the new year! The 2008 Subaru Fauresmith 200 is behind us, and all rides from now on count as qualifiers for next year’s national championships (the 2009 Fauresmith 200)!
The ride was a great success, well-organised and with few glitches. Conditions were extremely cold (“like in the old days” one heard some of the old-timers say), and the horses had to cope with not only the challenge of 200 km over three days, but also with cold weather and even sleet! More about this, the biggest endurance ride in the world, in this edition of the SA Distance Rider.
In die uitgawe is nog inligting oor die rol wat die Crabbet Arabier speel in die bloedlyne van uithouritperde, iets wat veral vir telers, maar ook vir ruiters wat ’n nuwe perd soek, van groot belang is.
Die Uithouritvereniging het ’n nuwe era betree met die aanstelling van ’n voltydse algemene bestuurder wat na die belange van die vereniging en sy lede gaan omsien. Dit is ’n groot stap vorentoe en ons vertrou dat dit spoedig vrugte sal afwerp!
Vir ’n groot groep Suid Afrikaanse ruiters lê die Afrika Kampioenskappe by Walvisbaai nou voor. Drie spanne (jong ruiters, senior en swaargewig) gaan teen Namibië en Botswana deelneem oor ’n roete wat tussen soutpanne, langs die see, deur die woestyn en oor Duin 7 gaan. Ons wens hulle alle sterkte toe!
Laat weet gerus vir ons wat julle graag wil lees in volgende uitgawes van SA Distance Rider!
Paul van Dam: Redakteur
|