Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Terug aarde toe
deur Izak Hofmeyr

Ryk Diepraam se perdryroete op Buffalo Gorge neem ruiters tot op die rand van die krans wat uitkyk oor die Avontuurvallei

Op die pad tussen Middelburg en Groblersdal in ­­Mpuma-­langa, lê 'n verrassende ­­ge-heim in die vorm van ­Buffalo Gorge, 'n avontuur-georiënteerde ­perdryfasiliteit met ‘n ­ongelooflike uitsig oor die Avontuurvallei.

By Buffalo Gorge, sê Ryk Diepraam, bied hulle egter nie net perdry-uitstappies nie, maar maak ook voorsiening vir drie ander ­avontuurgerigte aktiwiteite: "Ons het ses uitgemerkte s­taproetes, drie bergfietsroetes wat voorsiening maak vir van beginners tot ervare fietsryers en dan twee ­abseilplekke, die een 15 en die ander 50 ­meter hoog. Ons perdesafari-roetes maak ook ­voorsiening vir enige vlak van ervaring.

Ryk maak daarop aanspraak dat sy perde ­ideaal geskool is vir die tipe werk wat van hulle vereis word.

Groepe word volgens hulle ervaring ­opgedeel. Ryk en sy regterhand, Kleinbooi Mahlangu, lei elk ‘n groep. Hoewel mense welkom is om hulle eie perde saam te bring, vind Ryk dat sy kliënte tipies nie self perde het nie en juis kom om perd te ry.

Buffalo Gorge is nou vir etlike jare reeds ­ingesluit in die sogenaamde Journey wat ­jaarliks deur leerlinge aan die St Albans ­College in ­Pretoria onderneem word. Hierdie reis vorm deel van Presidentsuitdaging aan jongmense ­tussen die ouderdomme van 14 en 25. Die l­eerlinge wat perdry kies as deel van hul ­Journey, bly dan vir twee weke op die plaas.

Die perde

Hoewel Ryk baie moeite gedoen het om die perdryroetes goed uit te lê en perdryvriendelik te maak, verg dit steeds 'n spesiale tipe perd wat op Buffalo Gorge aard. Nuwe perde neem ­gewoonlik 'n ruk voordat hulle op die plaas aanpas: "Ons het baie klipwêreld hier, en die roetes gaan plek-plek baie styl teen rotse uit en oor groot klippe. Ek soek 'n vasvoetige perd met 'n kalm geaardheid.

“Ek maak jong perde eers goed gewoond aan al die moeilike plekke op die roete voordat ek 'n kliënt op hulle sit. Ek beskou dit as 'n persoonlike nederlaag as een van my kliënte probleme met sy perd optel en miskien selfs afval."

Die maksimum hoeveelheid ruiters wat hy op 'n slag uitneem is tien, wat dan in subgroepe ­opgedeel word volgens ervaring. "Ek probeer ook perd en ruiter ook volgens lengte en gewig afpaar sodat elkeen voel dat hy 'n uiters bevredigende ervaring saam met 'sy' perd gehad het."
Daar is altesaam vier roetes wat elkeen 'n ­spesifieke mikpunt of hoogtepunt het. By die een sou dit byvoorbeeld wees om tot op die rand van die afgrond te ry wat oor die ­Avontuurvallei ­uitkyk.

"Ek bied ook 'n volmaanroete vir ruiters wat in die nag wil ry. Ons sal tipies net voor donker begin ry en dan op 'n gegewe plek sit en kuier tot die maan opkom. Dit in sigself is vir baie mense 'n wonderlike ervaring. As die maan dan goed op is, ry ons in die maanlig terug kamp toe."

Ander fasiliteite

Afgesien van die perdry, maak Buffalo Gorge ook voorsiening vir besoekers wat eerder met hulle bergfietse die veld wil ervaar. Die roete is sowat 16 km lank, met verskillende afdraaiplekke terug kamp toe.

Die kamp self bestaan uit 'n boskombuis en 'n 14-bed slaaptent en 20 kampstaanplekke. Daar is goed-toegeruste ablusiegeriewe met warmwaterstorte, só geplaas dat dit deel van die veld-ervaring vorm.

Wanneer die perde nie gery word nie, loop hulle los op die kampterrein rond. Dit word spesifiek so gedoen om die perde-ervaring nog duideliker tuis te bring. Al sien 'n besoeker dus nie kans om self te ry nie, kom hy steeds in kontak met die perde. Dit gebeur dikwels, sê Ryk, dat iemand aanvanklik nie wou perdry nie, maar weens die noue kontak, op die tweede dag vra om tog ook te gaan ry.

Iets wat vir hom baie na aan die hart lê is om gestremde kinders die geleentheid te gee om ook perd te ry. Daarom het hy verskeie kursusse voltooi wat juis daarop gemik is.

Vir nadere inligting, kontak Buffalo Gorge by 013 245 10 49 of besoek die webwerf by www.hhashi.co.za

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.