|
ie 2007 Subaru Fauresmith 200 het vanjaar heeltemal uit sy nate gebars met 'n rekord aantal inskrywings. 'n Totaal van 356 perde het weggespring, waarvan 211 die rit suksesvol voltooi het. 'n Totaal van 43% van die perde het dus langs die pad uitgeval – ’n teken dat die veeartse hulle werk goed gedoen het om na die welsyn van die perde om te sien.
Die uitslae was soos volg:
Kinders
1. L Van Dyk op Kuruska Shalita
2. S Sloane op Zulani
3. R van Zyl op Shakker
Juniors
1. Surita Jansen van Rensburg op Rocky
2. S Van Zyl op Wildhorse Rosmerta
3. G Vorster op Smokey
Liggewig
1. Thia van Niekerk op Izra Tendulkar
2. E Pearson op Arion
3. V Terblanche op Azak
Standaardgewig
1. Shani Bosch op Gitan
2. S van Wyk op Dube
3. C Human op Rakib Marco
Swaargewig
1. P Grobler op Azurite Wulfenite
2. W Sloan op Rusha
3. C Roelofse op Jothan D.T.
Shani Bosch en Gitan se gekombineerde tyd was 8 uur 11 minute en 11 sekondes, gevolg deur S van Wyk op Dube in 8 uur 17 minute en 16 sekondes en Christo Human op Rakib Marco in 8 uur 23 minute en 48 sekondes. Die toekenning vir die bes-voorbereide perd het gegaan aan Christo Human se Rakib Marco.
Die Erasa-span het die senior span-kompetisie gewen, terwyl die Noord-Kaap swaargewigspan die enigste in daardie kategorie was wat die rit suksesvol kon voltooi. Die juniorkompetisie is deur die Noord-Wes Ontwikkelingspan gewen.
|