Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?


Redakteursbrief

En so kom ons dan by die laaste uitgawe van 2008. Hierdie was in baie opsigte 'n moeilike jaar, gegewe die skielike en drastiese styging in die koste om perde aan te hou (en om jou eie liggaam en siel bymekaar te hou!)

Maar daar is mos altyd 'n goue randjie! Hierdie keer kom dit in die vorm van Philippa Johnson se prestasie by die Para-Olimpiese Spele. Hoewel dit nou al 'n paar maande gelede gebeur het, wil ons van SA Horseman se kant af – en ek glo ook namens die ganse ruiterbevolking in die land – weer eens vir haar geluk sê met haar ongelooflike prestasie. En ek bedoel dat die goue medaljes eintlik net die kersie op die koek is!

Een van die mees verwaarloosde aspekte van perdesport is die vervoer van jou diere na en van kompetisies. Dan is daar nog die gevreesde oomblik dat jy in 'n noodsituasie beland en jy jou perd dringend by die perdekliniek moet kry. In hierdie uitgawe gee ons 'n paar riglyne oor wat jy kan doen om die vervoer van jou perd veiliger te maak.

Ander aspekte wat in hierdie uitgawe aandag geniet, sluit 'n kykie agter die skerms in na een van ons bekendste Warmbloed-stoeterye, 'n verduideliking van hoe perde leer en hoe dit in afrigting gebruik kan word, en 'n veearts kyk na 'n paar redes waarom mense nie hulle perde in kondisie kan hou nie.

Ek wil afsluit met die wens wat uithouritruiters gebruik as hulle by mekaar verbygaan: Lekker ry!

Copyright © 1998 - 2007, Horse Junction. All rights reserved.

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.