Weens beperkte spasie, mag briewe verkort en geredigeer word.
Cruelty to horses in EC
Menita Renison of Graaff-Reinet writes:
I recently came across a friend of mine, Phillip Maasdorp, who goes around the Eastern Cape to train horses and trains workers to respect the horse and become better riders. His journey has unfortunately led him to see cases of mild, but also severe, cruelty to horses.
Imagine riding along a gravel road and seeing a worker riding a clearly frightened horse with a very cruel and hard hand. You take a closer look and find that the poor horse has a bicycle chain IN his mouth! Astonishing isn't it?! What would you do?
He has also found cases where owners and trainers physically abuse their horses for the littlest thing, such as smelling them out of curiosity. "Horses aren't allowed to be my friend". The whole idea is to build up a partnership with your equine friend!
Phillip didn't know what to do with all he saw, until I told him that I can help him stop animal cruelty, starting with this letter.
I am only 16 years old, so I have a lifetime of opportunities left to help us to help them.
For more information, call Phillip on 082 864 3788.
Tips for safe towing
Bev Schutte writes:
Firstly I would like to take the opportunity to thank you for the publication, SA Horseman. The information provided and the articles are invaluable and a wonderful reference source.
I would just like to set the record straight, however, with regard to the article, "Tips for safe towing" in the November/December 2008 issue. In your article you make mention to the Code EB license under the new dispensation. The current EB licensing allows legally for persons to tow horse boxes. It is the current B license that does not permit for the legal towing of a loaded horse box and is restricted to a motor vehicle with a light trailer (passenger).
If issued with a BE type license, you are then required to do an additional driving test to upgrade to an EB type license. However, any trailer which requires a heavy duty towing vehicle, like a truck, requires another licensing type and an additional driving test.
Also, with reference to the reflector tape (generally supplied by 3M), this has now been legislated and is now law and is no longer an option for a towed trailer. Any towed vehicle of any nature requires reflective tape of no less than a certain width, to be effectively displayed on both the rear end and the sides of the towed item, as well as any items such as wheel covers and rear mud flaps. This ruling applies to luggage trailers, horseboxes, caravans and boats, and also includes trucks and trailers. Most new trailers are being manufactured with this item as standard.
The law also prohibits for human passengers to be carried in any hitched towed vehicle of any nature and this applies to horseboxes, as well as luggage trailers, caravans and boating trailers. Even a car on a trailer, may not carry an occupant.
Sadly to the above, there is very little law enforcement with regard to this prohibition and it is just thankful that there have been few human fatalities when horseboxes have been involved in accidents.
Once again thank you for a super publication. We look forward to further publications for 2009.
Hier gaat ons weer!
Elsabé Fouché van Nietverdiend skryf

Die gogga het gebyt en hier daag ons in Zeerust op vir Ousus se eerste volwaardige uithourit. Met 'n ruiterboekie, klub T-hemp, geleende perd, saal en toom durf Ousus 'n 30 km aan. Dit was maar 'n geskarrel om 'n senior te kry om haar te trek – nie almal was gewillig of lus vir die gedoente nie.
Uiteindelik bied Sandra aan. Op haar dag wou sy bitter graag ry en daar was nie altyd gewilliges om haar te trek nie, so sy verstaan Ousus se hartsbegeerte. Die geleende perd het toe nog nie geoefen nie en van 'n warm, fiks perd is daar nie sprake nie. Ek en die pa is verklaar tot hulp-groomers en ek is gedwing om my coolbox by die huis te los.
Na die eerste been gaan dit maar woes, want met 'n driejarige sussie op die heup, 'n sewejarige sussie wat wil help groom en Ousus wat aandag nodig het, trap die perde en groomers my en my kroos omtrent dood, want ons is heeltyd onder almal se voete en pote.
Ek dog dis nou klaar, toe kondig Ousus en Sandra aan dat Ous op die onfiks perd nou nog gou die 60 km ook gaan aandurf. Ek kyk vir die pa om in te gryp, maar dié maak of hy my nie sien nie. Ousus was ook net besig met haar een-en-dertigste kilometer, toe hou ons kajuitraad en ek begin met "sê nou maar ..."
Sê nou maar sy val af, sê nou maar die perd skrik, sê nou maar die perd slaan dood neer, en so gaan ek toe vir goud. Skoon op hol oor dié perdryery. Later kom ek tot bedaring en bid en hoop maar vir die beste.
Met die volgende groom-sessie, gaan dit baie beter want die twee sussies het belangstelling verloor en speel met hulle nuwe maats op die pawiljoen en kom vra kort-kort geld vir 'n eetdingetjie of drinkgoedjie.
Terwyl ek wag dat Ousus nou gaan terugkom om te sê sy het by die veearts uitgeval, begin ek solank ons goedjies bymekaar sit, sodat ek genoeg tyd kan hê om te troos en te beduie dis haar eerste keer en dat sy nog baie klein is en dat daar weer sulke geleenthede sal wees. Sowaar, ou Blues maak dit toe by die veearts.
Ek wens nog geluk en is maar tranerig, toe staan hier 'n nuwe dame langs Ous en Blues en sy haal sulke horse whisperer-streke uit. Kyk vir die perd en kyk vir Ous. Voel die perd op haar bors, hou Ous se hand vas en so gaan dit aan – die een ritueel na die ander.
Plaas dat die pa toe nou hier langs my is en die petalje stopsit, is dit toe vir hom veel belangriker om met 'n ou verlore vriend 'n hond uit 'n bos te kuier. Net toe ek goed stywenek is en die vrou wil vra om ons te verskoon, saal Ousus op en durf die 80 km aan. Ek was gedaan! Die pa is toe natuurlik ook skoonveld.
Met groot spanning wag ons die perde in en sowaar – hier kom Ousus in op haar geleende perd, met haar geleende saal en toom, groot moed, 'n groter glimlag en baie deursettingsvermoë. Ek raak toe skoon oorhoeks van blydskap en begin te jubel en hande te klap, net om al wat 'n moeë perd is op hol te jaag en in alle rigtings te laat spat.
Almal het darem weer tot bedaring gekom en my maar skeef aangegluur. Hoe trots kan 'n ma nou wees? Die halter wat Ous gewen het met die prysuitdeling, het vir ons almal meer beteken as wat 'n goue medalje by die Olimpiese Spele sou en buitendien hoef ons dít darem nie meer te leen in die toekoms nie.
Wat van ons plaaslike ruiters?
Nicolene Leidig van Stellenbosch skryf:
Ek ontvang altyd met groot opgewondenheid die SA Horseman. Wat ek die meeste van die tydskrif geniet is dat dit soveel verskillende dissiplines en verskillende uitkyke verteenwoordig. Ekself is 'n uithouritruiter, maar hou daarvan om die opinies van die Saalperdmense te lees, en meer oor skoue en die voorbereiding van 'n perd vir skou te lees. Uiteraard is ek ook baie dankbaar vir dr Paul van Dam wat elke keer soveel interessante artikels oor die uithouritsport plaas.
Wat egter vir my 'n groot teleurstelling was toe ek die laaste uitgawe ontvang het, is die feit dat daar absoluut geen dekking gegee word aan ons plaaslike ruiters wat onder sulke moeilike omstandighede oorsee gaan ry nie.
So het 'n ruiter van Suid-Afrika dit byvoorbeeld nie net reggekry om te kwalifiseer om aan die Paralimpiese Spele te gaan deelneem met haar eie perd nie, maar sy het ook 'n medalje gewen! Hoe graag sou ek nie meer wou lees oor presies wat haar reis tot daar behels het nie.
Dan, vir my nog nader aan die hart, is die feit dat daar 'n pragtige groot foto is van die wenner van die Uithourit Wêreldkampioenskappe in Maleisië, en onderaan word genoem dat van die 126 ruiters wat die 160 km begin het, slegs 48 daarin geslaag het om onder die geweldige moeilike omstandighede, met baie hoë temperature en humiditeit, en boonop nog geweldige reën, die rit te voltooi.
Maar daar word nie eens genoem nie dat vyf ruiters van Suid-Afrika al vyf maande voor die tyd 'n geweldige moeilike tog begin het om daar te gaan deelneem, en dat daar twee ruiters baie suksesvol klaargemaak het.
Wat baie min mense besef, is dat al die ander lande se ruiters nog tot 'n maand of twee voor die kampioenskappe aan kompetisies kon deelneem met hulle perde, en twee weke voor die groot rit hulle perde kon uitvlieg Maleisië toe, topfiks en voorberei op kos en met beslaning wat hulle ken.
Ek dink die hoogtepunt van hierdie storie is die feit dat vyf ruiters bereid was om hierdie tog aan te pak, sonder enige finansiële ondersteuning. Ja, ons span het nie klaargemaak nie. Maar as daar na die statistieke gekyk word, en veral in ag geneem word waardeur ons perde moes gaan, en hoeveel minder hulle voorberei kon word as die ander perde in die wedren, is ons ruiters se prestasies merkwaardig.
Ek heg hierby aan 'n artikel wat ek vir ons uithouritvereniging se webblad gedoen het, tesame met 'n foto van Naomi Muller en Gillese de Villiers. Terloops, albei hierdie ruiters kom van die WP!!
Izak sê:
Nicolene, dankie dat jy die feite regstel. Ons staan tereggewys. Kyk in die nuusblaaie vir jou verslag.
|