|
Parasietweerstand word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) omskryf as "die ontwikkeling van die vermoë van 'n stam organismes om dosisse gifstowwe te weerstaan, wat gewoonlik dodelik vir die meerderheid van indiwidue in 'n normale populasie van dieselfde spesie is".
Kortom beteken dit dat, in enige parasiet-populasie, daar indiwidue is wat geneties weerstandig is teen 'n spesifieke middel of aktiewe bestanddeel wat dodelik vir die meerderheid van indiwidue is, nog voordat die middel vir die eerste keer vir die beheer van die spesifieke parasiete gebruik word.
Dit beteken weer dat daar in dieselfde po-pulasie van parasiete, indiwidue is wat homosigoties vatbaar is en indiwidue wat homosi-goties weerstandig is teen die middel/aktiewe bestanddeel. Die vatbare indiwidue is in die meerderheid, nog voordat die middel/aktiewe bestanddeel vir die eerste keer op die plaas -gebruik word. Die ontwikke-ling van weerstand is 'n genetiese proses, wat oor 'n tydperk ontwikkel het en ontstaan nie oornag nie.
In die geval van bosluise, is dit hoofsaaklik bloubosluisweerstand wat oor die afgelope tien jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het. Twee bloubosluisspesies word in Suid--Afrika aangetref, naamlik die Afrika bloubos-luis (Rhipicephalus boophilus decoloratus), wat die vektor van Afrika rooiwater is, en die -Asiatiese bloubosluis (Rhipicephalus -boophilus -microplus), wat die vektor van Asiatiese rooiwater is. Aangesien die twee spesies feitlik dieselfde lewensiklus het en beheer van die twee spesies ook feitlik dieselfde is, verwys ons verder net na die bloubosluis.
Die bloubosluis is 'n eengasheerbosluis by hoofsaaklik beeste en is die draer van rooi-water en galsiekte, wat jaarliks groot verliese in die veebedryf veroorsaak.
Die dier word met larfies van bosluise, wat op die weiding voorkom, besmet. Die larfies voed deur bloed te suig vir ongeveer sewe dae, waarna hulle vervel, verhard en -ontwikkel tot nimfies. Die nimfies voed weer vir ongeveer sewe dae, waarna hulle ook vervel, verhard en ontwikkel tot volwassenes.
Die volwasse wyfiebosluise begin voed en wanneer hulle volgesuig is (na ongeveer sewe dae), val hulle spontaan van die dier af en begin binne 'n week op die grond eiers lê. Die wyfie lê -ongeveer 3 000 eiers.
Die mannetjiesbosluise bly op die dier en wag dan vir die volgende volwasse wyfie om mee te paar. Die eiers neem ongeveer drie weke om uit te broei, waarna die larfies weer wag om teen die volgende gasheer op te klim.
Die tydperk vandat die larfies op die dier geklim het totdat volgesuigde wyfies waar-geneem word, is ongeveer 21 dae. Slegs die volgesuigde wyfiebosluise is gewoonlik vir die boer sigbaar op die perde.
Hoe ontstaan weerstand? Ongelukkig is dit so dat waar perde-eienaars gewoonlik met bloubosluisbeheer sukkel, dit op plase is waar daar vir jare met beeste -geboer is of waar daar met beeste en perde op dieselfde plaas geboer word.
Ons gaan kyk na die volgende faktore wat -bydra tot die ontwikkeling van bloubos-luisweerstand:
• Die herhaaldelike gebruik van dieselfde aktiewe bestanddeel, jaar na jaar, om die bosluise te beheer
• Kort dipintervalle
• Die relatiewe kort lewensiklus van die bloubosluis wat teweegbring dat meer as een generasie deur die jaar voorkom
• Ideale omgewingstoestande
• Die wangebruik van dipmiddels.
Herhaaldelike gebruik van dieselfde middel: Wanneer dieselfde middel/aktiewe bestanddeel jaar na jaar deur die boer gebruik word, word al die bosluise wat vatbaar is vir die -middel oor die tydperk doodgemaak en letterlik uitgeroei, terwyl die weerstandige bosluise stelselmatig begin toeneem.
Dit kan dan gebeur dat die hele bloubos-luispopulasie op die plaas volledig weerstandig teen die aktiewe bestanddeel raak.
Verhoogde dipintervalle: Kort dipintervalle veroorsaak dat die vatbare bosluise vinniger uitgeroei word en die weerstandige bosluise relatief tot die vatbare bosluise, vinniger toeneem.
Lewensiklus van die bloubosluis: Weerstand van parasiete word aan hulle nageslag oorgedra. Hoe korter die lewensiklus van die parasiet, hoe meer generasies sal daar deur die jaar voorkom, en hoe vinniger sal die weerstandige indiwidue in 'n populasie relatief tot die vatbare indiwidue toeneem.
Die relatiewe kort lewensiklus van die bloubosluis in vergelyking met die lewensi-klus van twee en drie gasheerbosluise (waarvan daar hoogstens een generasie van bosluise per jaar voorkom), verduidelik hoekom die bloubosluis vinniger weerstand teen dipmiddels ontwikkel.
Ideale omgewingstoestande: Die -ideale omgewingstoestande vir bosluise om te -oorleef en te vermeerder, is ongeveer 27°C en 80% relatiewe humiditeit. By hierdie vogtige en warm toestande teel bosluise optimaal aan en vermeerder hulle vinnig. Indien toestande dus deur die jaar gehandhaaf word, sal daar meer generasies van die bosluise voorkom. Dit verduidelik hoekom bosluisweerstand 'n groter probleem in die warmer en meer gematigde dele as in die droër, kouer dele van ons land is.
Wangebruik van dipmiddels: Indien bos-luise aan laer konsentrasies dipmiddels oor 'n tydperk blootgestel word, hetsy in 'n dompeldip, spuitdip, of wanneer 'n opgietmiddel nie teen die regte dosis toegedien word nie, sal bosluise weerstand teen die middel/aktiewe -bestanddeel ontwikkel.
Die wangebruik van dipmiddels, veral opgietmiddels, deur boere dra by tot die ontwikkeling van bosluisweerstand. Dit is 'n algemene tendens onder boere in Suid-Afrika om tuisgemaakte opgietmiddels te "formuleer" om bosluise te bestry. Behalwe dat die praktyk onwettig is, word bosluise aan lae konsentrasies van die aktiewe bestanddeel wat in die "formulasie" gebruik word blootgestel, en ontwikkel hulle weerstand teen die groep aktiewe bestanddele.
Dieselfde bosluise veroorsaak dan probleme in perde waar daar voorheen met beeste op die plaas geboer is of waar daar met beeste en perde op dieselfde plaas geboer word.
Gevolge van bosluisweerstand
Weens weerstand teen aktiewe bestanddele, het bloubosluisgetalle oor die afgelope tien tot 15 jaar op plase in Suid-Afrika begin toe-neem. Bees- en perde-eienaars spandeer daarom jaarliks groot bedrae geld in 'n -poging om die bosluise te beheer. Vir die perde-eienaar is die probleem nog groter, aangesien daar 'n beperkte aantal middels vir perde -geregistreer is om bosluisbeheer toe te pas.
Bepaal bosluisweerstand
Indien die boer of eienaar sy diere met 'n gere-gistreerde dipmiddel gedip het en die korrekte aanwysings op die pamflet gevolg is, sal al die bosluise (larfies, nimfe en volwassenes) op die dier doodgemaak word, indien die bosluise vatbaar vir die middel is. As die boer of eie-naar volgesuigde bosluiswyfies op sy diere sien binne 21 dae nadat hulle gedip is, kan dit 'n aanduiding van bosluisweerstand wees.
Intervet Schering-Plough Dieregesondheid kan ook volgesuigde bloubosluise toets vir weerstand by die Malelane Navorsingseenheid naby Malelane in Mpumalanga.
Die -toets behels die behandeling van die bosluis-wyfies met al drie groepe aktiewe bestanddele -(organofosfate, piretroïede en formamidiene) waarna die wyfies op glasplate vasgeplak en geïnkubeer word. 'n Week later word bepaal hoeveel van die bosluise gevrek het en of die wat nie gevrek het nie, eiers gelê het.
Die eiers wat deur die bosluise wat nie gevrek het nie gelê is, word versamel en vir 'n verdere drie weke geïnkubeer, om te bepaal of die eiers gaan uitbroei. So kan dan bepaal word watter aktiewe bestanddeel doeltreffend sal wees vir die beheer van die weerstandige bosluise op die plaas.
Is daar 'n oplossing?
Wanneer die perde-eienaar weerstand met bosluise op sy plaas ondervind, is daar ongelukkig nie 'n kitsoplossing vir die probleem nie. Die algemeenste metode van bosluisbeheer in Suid-Afrika, is steeds chemiese beheer – met ander woorde, deur jou perde te dip.
Daar is slegs twee groepe aktiewe be-standdele geregistreer vir bosluisbeheer in perde, naamlik organofosfate en piretroïede.
Het jy geweet?
Die formamidien (of amidien) groep met -amitraz as aktiewe bestanddeel, mag nie in perde gebruik word nie! Die middels kan koliek en gevolglike vrektes van perde veroorsaak.
Die middels word in formulasies gebruik vir handbespuiting van perde teen bosluise. Indien die perde-eienaar nie die gewenste uitwerking op bosluise met een van die twee groepe ondervind nie, moet hy na die ander groep verander. Dit maak geen sin om van een middel wat 'n piretroïed as aktiewe bestanddeel bevat, na 'n ander middel ook met 'n piretroïed te verander nie.
Indien veelvoudige bosluisweerstand onder-vind word (teen beide groepe aktiewe bestanddele), raak die situasie meer ingewikkeld en lei dit gewoonlik tot hoë kostes. In so 'n geval kan die perde-eienaar poog om beeste en perde op dieselfde plaas te laat wei, sodat die beeste as "stofsuiers" vir die bosluise optree en daardeur moontlik die bosluispopulasie verminder. Die beeste word dan met 'n doeltreffende middel behandel.
Die makrosikliese laktoongroep van mid-dels wat ivermektien, doramektien of moksidektien bevat, is geregistreer vir die behandeling van bloubosluise in beeste en is nog doeltreffend vir die beheer van die bosluise.
Hoe voorkom jy so 'n situasie?
• Gebruik 'n middel solank as wat dit doeltreffend is teen die bosluise. Wanneer daar dan weerstand met een groep (soos piretroiëde) ondervind word, moet daar na die ander groep (soos organofosfate) verander word. Indien die prosedure gevolg is, kan die boer/eienaar weer terugkeer na die eerste groep, aangesien die bosluise dan hulle weerstand teen daardie groep "verloor" het. Afwisseling met groepe aktiewe bestanddele word nie aanbeveel nie. Navorsing het bewys dat wanneer daar met groepe afgewissel word, bosluise 'n weerstand teen meer as een aktiewe bestanddeel ontwikkel, wat oor die lang termyn katastrofiese gevolge kan hê.
• Dip minder gereeld wanneer bosluise onaktief is, soos in die winter. Soos reeds genoem, dra kort dip-intervalle tot die ontwikkeling van bosluisweerstand by.
• Gebruik geregistreerde dipmiddels streng volgens voorskrif. Maak seker dat die korrekte dosis van die middel toegedien word en dat die dipkonsentrasie korrek is.
• Voorkom die aankoop van "stoetbosluise". Bloubosluisweerstand kom algemeen in Suid-Afrika voor en menige diere-eienaars het al in die slaggat getrap deur diere te koop wat afkomstig is van plase waar die bosluise weerstandig teen een of meer aktiewe bestanddele is. Die diere word dan op die koper se plaas summier veld toe gejaag, waar hierdie weerstandige bosluise dan op die boer se veld afgegooi word.
|