Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Soos belangstelling in die perdebe­dryf groei, word meer en meer ­benaderings en praktyke bevraagteken. Twee goeie voorbeelde is die opkoms van die sogenaamde ­"natural horsemanship” (NH) ­beweging, en die groeiende weerstand teen kompetisie-dressuur in teenstelling met ­"klassieke" dressuur. Ons wy ­hierdie uitgawe van SA ­Horseman aan ­hierdie aspekte.

Ons het vir Sam Wright gevra om te gaan ondersoek instel en verslag te doen oor wat die stand van sake in Suid-Afrika is wat beskermende perdryhoede betref. Lees in hierdie uitgawe wat haar ondersoek aan die lig gebring het.

Sportperd-entoesiaste sal sekerlik die mening van 'n Europese perde-agent, wat reeds talle Europese Warmbloede na Suid-Afrika ingevoer het, interessant vind. Net so sal die Arabiermense in die artikel oor die Crabbet, stof tot nadenke kry. Ons loer ook na ‘n Nooitgedachterstoet in Namibië.

Ander onderwerpe in hierdie uitgawe sluit in vliegbeheer, afrigtingswenke, 'n perdetoer deur Wallis, en 'n interessante perspektief op werksperde in die Suid-Kaap.

Ter afsluiting is daar goeie nuus rakende intekengelde. Na lang oorweging het ons besluit om vir eers steeds die tydskrif kosteloos beskikbaar te stel. Diegene wat reeds intekengelde betaal het, kan gerus wees dat hulle fooie sal oorrol na die eerste jaar van betaalde subskripsie.

Lekker lees en dankie vir die wonderlike ondersteuning!

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.