Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Hoofbeat • Hoefslag
 

Perde blink uit in Suid-Kaap

Die Wes-Kaapse streekskampioenskappe vir miniatuurperde en SA Boerperde, sowel as ’n Suid-Kaapse streekskou vir Saalperde is vanaf 17 tot 19 Februarie by die Riversdal Landbouskou aangebied. Nagenoeg 120 perde het deelgeneem.

Die opperste kampioen van die miniatuurperde is Alteroux Turn Chagny Danielle van die Paddavleistoet van Ters en Alida le Roux. In die universele afdeling van die SA Boerperde, is Langsig Paran van Luca Hartman aangewys as driegangkampioen.

Volgens Kokkie Rademan, sekretaresse van die perde-afdeling, was hierdie perd en ruiter ’n besonderse kombinasie. Gogga, vertoon deur Johan Kleynhans vir Hans Schutte, is as siertuigkampioen aangewys.

Die tradisionele kampioen-driegangryperd, is die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, Hessekwa Flikker, en is deur Ansie Uys vir die Uys-familie vertoon. Die tradisionele kampioen-vyfgangryperd, is ook die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, Hessekwa Aqua, en is deur Matthys Streicher vir Andries Streicher vertoon. Hessekwa Aqua is ook die enkeltuigkampioen en het nou al vier kampioenskappe van die tradisionele afdeling op die Riversdalskou gewen.

In die Saalperdafdeling is Monica Glamour Girl uit die Wiggens-stalle van Wellington aangewys as enkeltuigkampioen. Die siertuigkampioen was The Judge, vertoon deur Francois Dercksen vir De Bosch-stalle. WP’s Anna, afgerig deur die Tears & Roses-stalle en vertoon deur Leanie Prinsloo, is as driegangkampioen bekroon. Die Saalperd-vyfgangkampioen was World’s Wildcard. Die eienaar is Theuns Burger en hy word afgerig en vertoon deur Junior Hugo van Tears & Roses-stalle.

Volgens Michiel Burger, president van die SA Boerperdtelersgenootskap, speel skoue ’n belangrike rol om ’n ras te adverteer en om die sport te kan beoefen.

Hy sê dit is veral belangrik dat kinders aan die sport moet deelneem. “Dit leer ’n kind dissipline, en ook hoe om laagte- en hoogtepunte te verwerk,” sê hy. – Heleen van As

Hessekwas Aqua is as die Wes-Kaapse Tradisionele SA Boerperd-vyfgangryperd, asook die enkeltuigkampioen, benoem. Aqua is deur Matthys Streicher vertoon vir Andries Streicher

Die Saalperd-grootkampioen Driegang is WP’s Anna, afgerig deur die Tears & Roses Stalle en vertoon deur Leanie Prinsloo

Percheron-inligtingsdag

Sowat 70 mense het die onlangse Percheron-inligtingsdag in Pretoria bygewoon. Belangstellendes vanoor die hele land was daar. Die Franse beoordelaar, Michel Paris, het saam met sy gesin na Suid-Afrika gereis vir die geleentheid. Die bekroonde Franse fotograaf, Jean-Leo Dugast, het die foto’s geneem.

Die inligtingsdag is die eerste van sy soort vir die Percheron Genootskap. Kursusgangers het aandagtig geluister na die voorleggings van die onderskeie sprekers. Onderwerpe soos reproduksie, voeding, hoefbeslag, konformasie en die rol van die Stamboek is bespreek.

Veral die warmhoefbeslag deur die bekende hoefsmid, Brian Donnelly, het groot aftrek gevind. Jack Maritz het sy kennis en ervaring met kursusgangers gedeel. Die genootskap in samewerking met die sprekers het die nodige literatuur en promosie-items voorsien.

Die Franse beoordelaar, Michel Paris, het ’n trofee van die Franse Genootskap, aan die president, Jan Engelbrecht, oorhandig vir die werk wat die genootskap in Suid-Afrika doen om die Percheron-ras te bevorder. Die prysgeld wat SA Horseman vir die grootkampioen-merrie- en grootkampioen-hingsafdelings geborg het, is tydens die geleentheid aan die wenner, Johan Henning, oorhandig.

Die dag is afgesluit met ’n spitbraai. Nog inligtingsdae word ook vir die Wes-Kaap en Noordwes beplan.

Horse movement restricted

The acting chief director of veterinary services in the Western Cape, Dr Koen, has announced that restrictions have been placed on all direct horse movements to the Western Cape African Horse Sickness (AHS) Control Area from all other provinces, with immediate effect.

These restrictions have been instituted due to the increasing number of reported and suspicious cases of AHS in the rest of South Africa. Thus far in the season there have been confirmed cases of which 52 have died. Due to persistent high rainfall in the rest of the country the number of cases has increased dramatically and AHS is also occurring earlier than in previous years.

Horses may only move to the AHS control area under the following conditions:

  • Horses may no longer move directly into the Western Cape AHS control zones from anywhere in the infected zone, but will have to stop over for a minimum of three weeks in Beaufort West or other approved holdings outside the AHS control area, under supervision of the local state veterinarian.
  • All such movements and stopovers must be coordinated with the relevant state veterinarian.
  • The local state veterinarian at origin of the horse, must also give approval before the horse can move.
  • Horses must still comply with the AHS protocol for movements prior to leaving any such restricted areas.

Contact Dr Pienaar on tel 023 414 2154 to organise a compulsory three-week stopover in Beaufort West. If in other areas, contact the local state veterinarian if the movement is unavoidable.

At the time of going to press, a suspected outbreak of AHS was being investigated in the Mamre area of the Western Cape following the death of several horses. Post mortems had been done on two horses in Mamre by the state veterinary services and samples had been sent to the Onderstepoort Veterinary Institute and the Equine Research Centre for analysis. Preliminary results on molecular testing (RT-PCR) indicated possible AHS, but was still to be confirmed by further virus isolation. – Press release

Flying start for yearling sale

Empowerment in the thoroughbred industry got off to a good start at the recent Cape Premier Yearling Sale, held at the Cape Town International Convention Centre on 27 and 28 January. Sweep Forward, from an empowerment cooperative made up of grooms from the Klawervlei Stud and Highlands Stud, became the first yearling to be sold as a result of the thoroughbred industry’s empowerment initiative. Sweep Forward fetched R350 000, resulting in a profit of R150 000 for the empowerment cooperative.

“The inner city environment,” explains Adrian Todd, member of the organising committee, “made headlines all over the world. In fact, there are moves in Britain now to emulate this idea.”

It was also the first time, he says, that the marketing campaign of the sale was focused on investing in a life style. The aim was to attract new foreign buyers.

“The third ‘first’ at the sales was the fact that our empowerment co-ops had horses on the sale for the first time,” he says.

From left to right: Riaan Ruiters, Klawervlei; minister Van Rensburg; Japie Booysen, Klawervlei; Donald Mabusela DTI; Thami Klassen DTI; Johnathan Absalon, Klawervlei.

The yearling, Sweep Forward,
sold for R350 000


The grooms’ cooperative weanling scheme forms part of a groom-training programme, initiated eight years ago by the Cape Breeders Club. The initial training on horsemanship and general life skills were complemented in 2010 by a mentorship programme, funded by the Western Cape department of agriculture.

The co-operative model allows members to access funding from the department of trade and industry to invest in weanlings. These horses are kept on the farms where the cooperative members work. This arrangement allows the cooperative to have access to expensive infrastructure and technical services, such as stabling and veterinarian services, without the associated costs that would be involved should all of these facilities have to be built from scratch.

Horses are then sold as yearlings and profits are reinvested in the cooperative for three years during which additional horses will be purchased and sold each year.

A total of 290 horses were on offer during the two days of the sale, realising a total turnover of R89 million rand, with an average price of R404 000 per lot. This surpassed the average price of R325 000 at the 2010 national yearling sales in Gauteng by a good margin. Two horses each fetched R2,5 million at the sale. – Press release

‘n Percheron-eerste vir Gauteng

Die eerste Percheron Provinsiale Kampioenskappe is tydens die Perd-van-die-jaar-skou te Kyalami aangebied. Die beoordelaars was die bekende Jack Maritz en die Franse beoordelaar, Michel Paris. Die ringgids was Fanie Roodtman en Pamela Taschner het as tolk opgetree.

Die beoordeling het op ’n puntestelsel plaasgevind en elke perd is op dieselfde wyse beoordeel. Die riglyne is duidelik aan die beoordelaars deurgegee. Volgens die organiseerders het dit sake baie vergemaklik en gemaak dat elke vertoner ’n gelykmatige kans gestaan het.

Ses vertoners het deelgeneem en 22 perde is ingeskryf. Daar was ook ’n vragtrekkompetisie wat deur Alzu Voere geborg is en deur ’n inskrywing van Jan Engelbrecht gewen is.

Trek-Lekker Lora van Johan Henning van die Summerwind Stoet, is aangewys as Grootkampioen-merrie
(Foto deur Anita Engelbrecht)

Summerwind Diesel van Jan Engelbrecht van die Nicolandreas Stoet (Foto deur Anita Engelbrecht)

Die uitslae was soos volg:

  • Kampioenperd onder drie jaar: Vanina de St Avit, eienaar Hannes van der Walt van die Sterkfontein Percheron-stoet. Vanina is ook aangewys as die reserwe opperste kampioentrekperd op die skou.
  • Grootkampioen-merrie (R500 prysgeld van SA Horseman): Trek-Lekker Lora van Johan Henning van die Summerwind-stoet.
  • Grootkampioen-reunperd: Summerwind Diesel van Jan Engelbrecht van die Nicolandreas-stoet.
  • Grootkampioen-hings (R500 prysgeld van SA Horseman): Sympa de Bellevue van Johan Henning van die Summerwind-stoet. Sympa is ook aangewys as opperste kampioentrekperd op die skou.
  • Alzu-vragtrekklas: Elsenburg Marinus van Jan Engelbrecht van die Nicolandreas-stoet.

’n Welverdiende strandrit

‘n Paar van die SA Boerperde wat die rit gedoen het met hul ruiters (v.l.n.r.) Pieter Terblanche, Frans Burger, Pieter Grobler en Erich Streicher

Die Wes-Kaap Streekskampioenskappe van die SA Boerperde is onlangs op Riversdal gehou (sien berig elders in Hoefslag). Hierdie streekskou gaan van krag tot krag en vyftig SA Boerperde van hoogstaande gehalte is vanjaar vertoon. Vertoners van so vêr as Gauteng en KwaZulu-Natal het deelgeneem en toeskouers het die sterk klasse waarin van die land se mooiste SA Boerperde vertoon is, terdeë geniet.

Saterdagaand, na afloop van die kampioenskapsklasse, het ’n klompie Boerperd-mense (onder andere vertoners van die noordelike provinsies) hulle Boerperde gelaai en afgery na Blombosstrand, sowat veertig kilometer suid van Riversdal, waar hulle die aand omstreeks half tien hul perde opgesaal het om ’n nagrit van sowat dertig kilometer te ry.

Volgens die beplanning sou daar ’n volmaan wees en sou die ongeveer agtien kilometer stuk strand dan lekker op die springgety se laagwater gery word. Ongelukkig was die volmaan grootliks verskuil agter wolke, maar dit het min afbreuk gedoen aan ’n ongelooflike lekker rit wat die sowat sestien Boerperde en hul ruiters geniet het. Teen halftwee Sondagoggend is afgesaal by die Blombos-vendusiekrale en die klomp moeë ruiters in hulle slaapsakke gekruip vir ’n welverdiende nagrus.

Na ’n heerlike Sondag-ontbyt van pap, wors, eiers en ’n lekker beker koffie, is daar omstreeks agtuur weer opgesaal om die strand aan te durf, hierdie keer in die teenoorgestelde rigting terug na die beginpunt waar die voertuie die vorige aand gelaat is. In die daglig was dit ’n heel ander ervaring en kon die pragtige natuurskoon van hierdie ongerepte stuk sandstrand behoorlik waardeer word.

Toe daar teen middagete weer afgesaal is, het die ruiters weereens besef wat ’n reuse voorreg dit is om met hierdie perderas te kan werk: spoggerig genoeg vir skou; ideaal vir plesierritte (selfs direk van die skoubaan af!); met ’n geaardheid om, maak nie saak wat sy ruiter van hom vra nie, altyd te probeer tevrede stel; en gehard genoeg om dit alles en veel meer met gemak te kan doen! – Tielman Roos

What’s happening at Equine-Librium?

Our first students are here and lectures are in full swing! We are looking forward to Prof Sybrand van den Berg ‘s week of full carcass dissection and anatomy lectures this month. In April Megan Kantz will be presenting the Equine Body Worker Certification Course.

For more information, phone Ronel van der Sijde on cell 082 920 5227 or e-mail ronelvds@mweb.co.za. Also visit the website at www.equine-librium.co.za

‘n Koets met ‘n storie

Vanjaar se Swellendam-skou op 26 en 27 Februarie het heelwat op die spyskaart gehad vir landbouers en perdeliefhebbers. ’n Replika van die koets waarmee Jan van Riebeeck gery het, is deur ’n span van vier perde getrek. Die koets is reeds in 1952 gebou om die 300-jarige herdenking van die stigting van die Kaapkolonie te vier en is weereens ingespan vir die Swellendam-skou.

Endurance horses tough it out

Endurance riders from across the country gathered at the Lake Umuzi Waterfront in Secunda, Mpumalanga, for the Lake Umuzi Kosmos Endurance Challenge 2011. The race was run over 80 km. The event was organised by veteran endurance rider, Peter Streicher, and the Rand Endurance Club.

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.