Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

NUWE BOEKE
 

Boerperd

Boerperdgeskiedenis geboekstaaf

deur Du Preez de Villiers

Daar het groot opgewondenheid geheers toe dr Kobus du Toit sy langverwagte boek, Boerperd, op Saterdag, 8 Mei, in Pretoria bekend­gestel het. Medewerkers en ander persone wat 'n bydrae tot die 542-bladsy boek gemaak het, is by die geleentheid bedank en elkeen het 'n eksemplaar as geskenk ontvang.

Ian Fitzpatrick, produksieprojekbestuurder, het spesiale eksemplare aan dr Du Toit, Raoul van der Westhuizen en dr Henni Boudjelthia, oorhandig, waarop hulle name in goud gedruk is. Van der Westhuizen was verantwoordelik vir die ontwerp van die voorblad en die meesteruitleg, en dr Boudjelthia was die finansiële borg vir die eerste oplaag.

Boerperd vertel die geskiedenis van die SA Boerperd en is die eerste boek sedert 1915, wat die hi­storiese en kulturele aspekte van die geskiedenis van dié inheemse Suid-Afrikaanse perd, op so 'n omvattende wyse boekstaaf. Daar is slegs 'n beperkte hoeveelheid eksemplare beskikbaar. Indien jy een in die hande wil kry, skakel Yolanda by 012 546 5005 of besoek www.boerperd.net.

 

Top of page

Copyright © 1998 - 2010, Horse Junction. All rights reserved.