Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Welkom by die Julie-uitgawe van SA Horseman. Dis die middel van die winter en die een positiewe ding wat mens van die winter kan sê, is dat die perdesiektevrese waarmee ons hier in Afrika opgeskeep sit, darem tydelik op die agtergrond is.

In hierdie uitgawe val die soeklig op die dryfkuns, 'n relatiewe minderheidsport in Suid-Afrika, maar 'n sport wat tog 'n geweldige diversiteit bied. Aan die een kant is daar die indrukwekkende siertuigklasse, dan die gekombineerde kompetisies waar die klem op die veelsydigheid van die perd en koetsier val, tot die drama van 'n span van agt of meer voor 'n wa wat op 'n plattelandse landbouskou 'n paar Kaapse draaie gooi. Ons het op drie aspekte van die dryfkuns besluit en kenners in die bedryf gevra om hulle menings met ons te deel.

In 'n spesiale verslag kyk ons ook na die jongste op die gebied van hoefbestuur. Ook hier bestaan daar baie verskillende benaderings – van die ou tradisionele tot die jongste "kaalpoot"-beweging. Balans, in meer as een sin van die woord, lyk asof dit ook hier die kern is.

In ons gesondheidsafdeling kyk ons in hierdie uitgawe na 'n toestand wat sekere rasse meer affekteer as ander, naamlik PSSM. Baie perde ly onder hierdie toestand sonder dat die ruiters weet waarmee hulle te doen het. Ons hoop dat die inligting in hierdie uitgawe dalk 'n paar mense kan help om hulle perde doeltreffend te bestuur.

Ons hoop dat u hierdie uitgawe sal geniet en leersaam sal vind!

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.