Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Welkom by wat ons seker die winteruitgawe van SA Horseman kan noem. Hoewel die winter sy eie stel uitdagings het, is die troos dat ons vir 'n rukkie die bedreiging van Perdesiekte en bosluiskoors op die agtergrond kan skuif.

Vanjaar se winter word natuurlik ­gekenmerk deur die uitdaging om genoeg goeie hooi te bekom. Om die waarheid te sê, enige hooi is vir party mense goed genoeg, solank hulle net hooi kry. Ons sien reikhalsend uit na die nuwe groeiseisoen!

Die fokus van hierdie uitgawe is op skou en skouvoorbereiding. Skou bly maar een van die gewildste perde-aktiwiteite. Ons hoop dat daar in die skou-artikels 'n paar wenke is wat produktief gebruik kan word.

Ek glo dat ons weer 'n lekker wye ­verskeidenheid van artikels bymekaar kon bring – van 'n verslag oor die Basoetoeponie tot praktiese wenke oor hoe om jou leerartikels ordentlik te versorg.

'n Tipiese wintersonderwerp in ons ­veeartseny-afdeling, is die oorsaak van hoes by perde. Ons kyk ook na 'n nuwe sportsoort in Suid-­Afrika en ons steek kers op by nog 'n perde-­afrigter.

In SA Distance Rider val die soeklig op 'n ou perdelegende wat dubbel en dwars sy spreekwoordelike spore verdien het en ons konsentreer op enkele tegniese aspekte van die afkoeling van perde en die rol van sout in hardwerkende perde se diëte.

Ons hoop julle geniet hierdie uitgawe van SA Horseman!

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.