|
|
|
Carel Hancke Singita met sy nuwe ruiter, Madré Koch, in die saal. By hulle staan die verkopers, Manie en Mandy Hancke
Foto deur Charles van Schalkwyk
|
|
Eerste Hoefslag lok duisende
Hoefslagfeeste, wat veral die promosie van perderasse ten doel het, het beslis gekom om te bly. Dít was die algemene gevoel by die byna 4 000 mense wat die eerste fees met dié naam op Geyerspan, tussen Lichtenburg en Koster, bygewoon het.
Skouspelagtige vertonings deur hoofsaaklik Friesperde, maar ook ander perde- en ponie-rasse, het toeskouers vir vyf uur lank vasgenael in hulle sitplekke gehou. Nie minder nie as 50 verskillende items is in dié kort tydsbestek afgehandel. Elf ingevoerde Friesperdhingste aan lang lyne, ‘n span rooi Afrikaners voor ’n ossewa en die oulikste miniatuurdonkies was van die gewildste “kunstenaars” op Geyerspan.
Snel-opeenvolgende perdevertonings, erfe-nis-items en musiekkunstenaars is die resep waarmee die organiseerders, National Horse & Livestock Promotions, mense vorentoe vanuit alle dele van die land op verskillende plekke wil vermaak. – Hennie Basson
|
|
International interest in SA Hackneys
The national championships for Hackneys held recently in Beaufort-West, was once again characterised by exceptional performances. But this year international interest gave the event extra flair.
International visitors were especially impressed by the single and double harness championships. Doudjie Samuels of Kimberley with Ganant, and Karel Dilgee of Mitchell’s Plain with Hector and Team Captain were especially noteworthy. Adam Brenner of Schaapkraal’s Dumatsou Cheetah and Fire and Ice, were awarded grand champion stallions in the double harness. The Zelnic Stud of Kimberley walked away with several awards in the harness classes.
In the breeding classes Danie and Alta Alberts’s Strikeler was crowned grand champion stallion, while Hansie and Gerrie van Heerden’s Matso Keepsake was crowned grand champion mare.
|
|
Wêreldklas Friesmerrie in SA
Vir die eerste keer ooit is ‘n Friesperdmerrie in Suid-Afrika as ‘n eerste premie stamboek-stermerrie aangewys – iets waarop die eienaars van die merrie, Pierre en Nella Veldhoen van die Agter-Paarl, uiters trots kan wees.
Die merrie, Madelien van ‘t Vuurbaken, kom uit die beste bloedlyne van Nederland. Haar ma is die stamboek-stermerrie, Ankelien van ‘t Vuurbaken, en haar pa die hings Onne 376 wat onlangs groot naam in Nederland gemaak het. Hierdie eer het die Veldhoens se Friesch Paarden Centrum onlangs te beurt geval, toe die internasionale keurders, Jan Hendriks en Sjoukje de Groot, die keuring in Suid-Afrika waargeneem het. – Hennie Basson
|
|
Perde op Agri Megaweek
Die jaarlikse Agri Megaweek wat vanaf 29 Augustus tot 1 September hierdie jaar in Bredasdorp plaasvind, spog met ‘n nuwe volwaardige perdeprogram met ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite.
Agri Mega Park beskik oor uitstekende geriewe vir deelnemers aan die perdeprogram. Die program maak vir opwindende aktiwiteite voorsiening, waaronder skouvertonings van Walliese ponies, Friesperde en ope ryperdklasse. Die ENB hoofarena word hoofsaaklik vir die perdeprogram gereserveer.
Navrae kan gerig word aan Mariska Marais by 072 535 8158.
|
|
Rekordprys vir Hancke-hings
Die jong hings, Carel Hancke Singita, het onlang 'n rekordprys van R200000 behaal. Dit is die hoogste prys waarteen enige SA Boerperd nog in die geskiedenis verkoop is. Die hings is tydens die gekombineerde produksieveiling van die Carel Hancke en Flambojant Stoeterye van Mpumalanga deur Gert Koch van Standerton gekoop.
Tydens dieselfde veiling is die merrievul, Carel Hanke Lantana, vir die hoogste prys ooit vir 'n SA Boerperdmerrie verkoop. Die vul is deur John Slade van Main Change Farms in Robertson vir R80 000 gekoop. Volgens Manie Hancke, eienaar van die Carel Hancke stoet, was dit opmerklik dat meer as 90% van die sowat 300 kopers wat die veiling bygewoon het, mense van buite die SA Boerperdkringe was.
|
|
Quarter Horse takes top honours
At this year’s Horse of the Year Show, everyone involved in the Supreme Champion Breed Horse class was in for a great surprise. While magnificent examples of many breeds were all strutting their stuff, the day belonged to Peppy Power Boy, a seven-year-old Quarter Horse stallion, son of Olena San Badger, famous reining horse in Germany and owned by Wolfgang and Katja Stroppel of the Thornhill Quarter Horse Stud in Magaliesburg, who imported Peppy from Germany in 2004.
Peppy has a “cool attitude”, says Katja, and a beautiful temperament – that is apart from his good looks and great reining ability. It is the first time that a Quarter Horse has won this prestigious class and will hopefully not be the last. – Theresa Odendaal
|
|
Badplaas Hoefslagfees
Forever Resorts by Badplaas in Mpumalanga het reeds ‘n aantal perdesport-byeenkomste agter die rug, maar sal op 14 Julie behoorlik uit sy nate bars wanneer die tweede Hoefslagfees daar gehou word.
‘n Pretrit begin die oggend om 06:30 deur die plaaslike wildreservaat. Die feestelikhede sal verder opgekikker word met vertonings deur verskillende perderasse. Volgens die bestuurder van hierdie perde-venue, Nicky Horn, is byna 200 gerieflike stalle beskikbaar, waarvan 16 uiters modern is. Vir verdere besonderhede oor die geriewe, kan sy by 082805 5129 gekontak word.
Die derde Hoefslagfees vind op Sondag, 2 September, by die Bloemfontein Equestrian Centre plaas. Die hooforganiseerder is Nico van der Walt (sel 082 550 2227). Méér inligting oor beide feeste kan bekom word by Hennie (sel 072 273 6042) en Piet (sel 082920 7443).
‘n Duitse Lentefees op Geyerspan (22September) en George (5 Januarie 2008) is volgende op die programlys. – Hennie Basson
|
|
Adelprag makes its mark
Friesians from the Adelprag Stud of Niekie Pienaar of Potchefstroom, have been kicking dust in the eyes of their competitors over the past few months. They have been competing in dressage competitions in Kyalami and in major competitions in Parys (Free State), Kimberley and KwaZulu-Natal.
With Cheré Burger and Jean van Deventer on imported stallions the likes of Eelke v.d. Wiske Hoeve, Tsjerk, Bertus B and Freek, this relatively young stud is delivering exceptional dressage performances. Thousands of people enjoyed the breed’s versatility during the Nampo Harvest Day in Bothaville and the Hoefslag Festival near Lichtenburg.
Cheré was recently awarded inter-provincial colours in this category.
|
|
100 Myler in die Bosveld
Bykans 200 ruiters vanuit Suider-Afrika het gedurende die naweek van 4-6 Mei aan ‘n strawwe gekombineerde uithouritkampioenskap deelgeneem. Die rit het ‘n drie-nasie spankompetisie met spanne van Namibië, Botswana en Suid-Afrika, sowel as die Suid-Afrikaanse Nasionale Langafstandkampioenskappe ingesluit. Dit is gehou in die Mpumalanga Bosveld tussen Middelburg en Groblersdal.
Beide die vertrek- en eindpunt van die byeenkoms was by die asemrowende Rubycliff Horse Ranch wat aan die bekende Forever Resorts groep behoort. Ruiters het verskillende afstande, wat ingesluit het 160 km, 120 km en 90 km, aangepak.
Peter Chandler van George in die Wes-Kaap het die 160 km rit gewen, is gekroon as die Suid-Afrikaanse nasionale senior langafstandkampioen, en het erekleure van die Uithouritvereniging van Suid-Afrika verower. Naomi Muller was in die tweede plek, net ‘n kortkop agter Peter.
Die junior titel by die 120 km rit is verower deur Nicola Coetzee, 2007 nasionale junior langafstandkampioen. Sy het ook Uithouritvereniging-erekleure verwerf. In die senior kompetisie oor 120 km was Annelie Jordaan die wenner. In die drie-nasie spankompetisie het Suid-Afrika die louere in die senior kompetisie oor 160 km ingepalm, terwyl Namibië in die junior kompetisie oor 120 km geseëvier het.
|
|