Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Christy and her companions enjoying a well-earned rest on the banks of the Nile
Like gold
Christy Henchie, somewhere in Sudan, writes:
On the banks of a river, in a country little known by outsiders, stands an old railway station. Trees as old as the buildings line the railway tracks, housing a colourful variety of birds.

The river is the Nile, stretching wide and supporting all life in the deserts of North East Africa. The country is Sudan, ­independent since 1956, with newfound power and wealth since the discovery of oil 15 years ago. The railway station, built by the ­British, 280 km north of Khartoum is Zei Dab, “Like Gold”. It has been my home for the last week.

Billy, our three horses and I, arrived one evening seeking refuge. Rahaal, our smallest horse, had a nasty injury and needed to rest. We had run out of money and needed a place to stay while we organised more funds. We soon discovered that not only does Zei Dab live up to its name, but that the people are more precious than diamonds …
Pure vertonersgenot
Hennie Basson, National Horse & Livestock Promotions, skryf:
Toe die organiseerders van die eerste ­Hoefslagfees by Geyerspan, Lichtenburg, vooraf hulle progam bekend gemaak het, het dit menige wenkbrou laat lig. Om 50 ­hoofsaaklik perde-items in slegs vyf uur af te handel, is tog ondenkbaar in die Suid-Afrikaanse konteks, het die liggelowiges gemeen. Ekself was bra skepties oor hierdie “waagstuk”.

Met die vinnig opeenvolgende ­vertonings wat soos die draaiboek van ‘n goeie film voor die toeskouers ontvou het, was dit egter gou duidelik dat plaaslike perdemense die feitlik ­argaïese manier van arena-betreding tydens ­tradisionele skoue uit die jare toet, nou ­behoorlik afgeskud het.

Ondanks ‘n kragonderbreking of wat, het die vertoners op Geyerspan soos klokslag en absoluut betyds die arena binnegestorm om die duisende mense te vermaak.

Dankie vir hierdie modelvertoning, jul ­perdemanne, -vroue en -kinders! Só bevorder ons ons perde- en ponierasse soos nooit tevore nie!
Jeugherinneringe
Ds Jan Viljoen van Port Elizabeth skryf:
Baie dankie vir die uitgawes van SA ­Horseman wat ek ontvang het en baie geluk met die ­inhoud daarvan.

My belangstelling in perde kom van Oom Biel du Plessis. Dit het ook meegebring dat Somerset-Oos se skou een van die hoogtepunte van die jaar was. Een van die bekendste perde was De Haule van oom Bert Henderson. Daar is 'n mooi storie in omloop van mevrou Henderson.

Per geleentheid het sy stad toe gekom om inkope te doen. Toe sy moes betaal, kom sy agter dat sy nie genoeg geld by haar het nie. Die winkeleienaar het terloops verneem of sy die perd, De Haule, ken. Ja, sê sy, dis haar man se perd. Die ­­winkeleienaar sê toe: "So 'n perd moet krediet kry". Sy kon die volgende keer kom betaal.

Boertjie was 'n pragtige Palominoperd van Poena Moolman. Die verhouding tussen perd en eienaar was baie meer soos tussen twee ­vriende. As Poena voor die huis stilgehou het, het Boertjie deur die huis geloop tot in die kombuis. Toe het Poena weens 'n hartaanval gesterf. By die begrafnis het Boertjie het 'n ereplek net agter die kis gehad. Terwyl die kis gesak het, het Boertjie weemoedig gerunnik en meer as een persoon het trane afgevee.

Almal het vir Gielie Duimpies geken. Jare terug het Gielie 'n perd geleer. Toe gaan die perd aan die spring. Met dié wat Gielie hard op die grond beland, het die toom het om sy hand gedraai en sy duim morsaf geruk. Toe hy na sy duim begin soek, ontdek hy tot sy ontsteltenis die hond kou aan sy duim. Dandaar Gielie Duimpies.

SA Horseman het al hierdie herinneringe uit my kinderdae op Somerset-Oos opgeroep. Sterkte met die publikasie vorentoe.

(Enkele dae na ons hierdie brief ontvang het, het ons verneem dat Oom Jan oorlede is. Ons plaas die brief nietemin, want sy herinneringe leef voort - Izak.)
SA Boerperd
Jennie van der Byl of Cape Town writes:
It has come to my attention that some feel my previous letter about the SA Boerperde was ­intended purely negatively. This was NOT my intention at all, so let me sincerely apologise if anyone was offended and hasten to clarify that I was extremely impressed with the overall quality of the SA Boerperde.

Being from the Western Province, we get to see very few SA Boerperde competing in Sanef classes. So it was good to get an overall ­impression of these horses. I was particularly ­taken with the Universal type and felt they would be highly suitable as allrounders in the Sanef disciplines.

Overall though I was disappointed with the Traditional type of horses (for the ­reasons that I have already pointed out in my ­previous letter) and was merely concerned that, by ­interbreeding them with the ­Universal type, their faults would be passed on and have a big influence on the Universals.

Still, we came across some beautiful ­Universal horses on mainly Traditional studs, and as a result of the tour my ­mother has ­purchased a very nice two-year-old gelding, with lovely cadence and ­Warmblood type rhythm, from the Harmonie Stud in Vryheid.
(For a full report on Christy and Billy’s ­Sudan experience and the wonderful friends they made there, go to their website on www.africanhoofprints.com) SAH

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.