Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Hierdie uitgawe van SA ­Horseman behoort eintlik as ’n feesuitgawe bestempel te word, want dit is die eerste uitgawe in ons derde bestaansjaar. Dis reg, ja. Ons is 'n volle twee jaar oud!

Baie dankie vir al die positiewe terugvoer en die entoesiastiese deelname. Die idee is dat SA Horseman "ons" boek is; dat hy aan alle perdemense behoort. Daarom word alle ­kritiek, positief en negatief, ernstig oorweeg en waar moontlik in die beplanning opgeneem.

In hierdie uitgawe fokus ons op aspekte van die Saalperdbedryf wat dikwels met agterdog bejeën word. Ontmoet 'n paar afrigters en ­telers en besluit dan self of jy met hulle saamstem of nie. 'n Ander aspek van die perdewêreld wat baie mense fassineer, is die kwessie van werksperde – perde wat nog daagliks gebruik word om 'n taak te verrig. Ons kuier op die plaas van 'n boer wat sy sukses direk toeskryf aan die rol wat sy werkperde deur die jare gespeel het.

In ons gereelde rubriek wat oor die gebruik van kruie vir volgehoue gesondheid van perde gaan, verskaf ons idees van hoe kruie relatief vrylik aan perde beskikbaar gestel kan word. Steeds op die gesondheidsonderwerp, kyk ons ook na bestuursmaatreëls om koliek te voorkom.

Tydens my besoek aan 'n Saalperd-­afrigter, het ek 'n idee gesien van hoe om 'n goeie, ­bruikbare stel langteuels te maak. Die ­aanwysings verskyn in die selfhelp-afdeling. Ons gaan ook voort met ons reeks oor skolingswenke.

Onthou dat SA Horseman ook elektronies beskikbaar is by www.sahorseman.co.za. Ons wens julle 'n baie voorspoedige 2008 toe!

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.