Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Terugvoer • Feedback
Due to limited space, letters may be shortened and edited.

Die perdefluisteraar

Hellmuth Hettasch van Yzerfontein skryf:
As ek van verbeelding praat,
Dan glo maar ek preek van ‘n paradys
Waarheen net ‘n engel te perd kan reis,
Want daar is geen gids wat die weg kan wys –
En hoe vroeg jy opsaal, jy kom te laat.
(Uit Slampamperliedjies van Louis Leipoldt)

Paultjie het alleen gebly by sy ma en was baie lief vir perde. In die omgewing was daar ‘n man wat met perde gesmous het. Dit het toe gebeur dat die smous ‘n nuwe perd kry, die mooiste wat Paultjie al ooit gesien het. Paultjie noem hom Windswael, en ‘n groot verlange het sy hart gevul om Windswael te ry met bewegings so volmaak soos hy dit ruiterloos sou uitvoer. Maar die perdesmous kon nie met Windswael regkom nie en het geskel: “Die perd is laer as die sonde en wild soos die wind. Ek sal hom nooit verkoop kry nie, behalwe aan die slagpale!”

Nie ver van hulle was Perde-eiland. Die man wat daar gewoon het, is die perdefl uisteraar genoem. Na deeglike oorlegpleging het Paultjie se ma vir Windswael by die perdesmous gekoop en na Perde-eiland gestuur. Nie lank nie, toe was Paultjie se perd nie meer gevaarlik nie en na nog ‘n tydjie, kon die fl uisteraar die perd laat lê en Paultjie kon op sy rug klim en bly sit, terwyl die perd opstaan en in die rondte gelei is.

Die perdesmous het daarvan wind gekry en vra: “Hoe het die man met jou perd te werk gegaan?” “Hy het geluister. Die perd het gefl uister en die man het geluister.”

Paultjie het Paul geword: jongman, man en ouman; maar sy liefde vir perde en perdry het nooit getaan nie. En die perd het vir die man gefl uister: “Ek wil jou dra na ‘n wêreld waarheen jy nie op jou voete kan gaan nie; maar jy moet jou hand vir my gee, anders kom ons nooit daar uit nie.”

En die man het sy ruiterhand na die perd uitgestrek en sy hart het vir die perd oopgegaan. En die perd met sy sintuie het daarin gelees die ruiter se verbintenis tot reëlmatige en voorspelbare sosiale gedrag, onwrikbare kalmte, vertroue en selfbeheersing.

En die perd het gefl uister: “As jy jou ideale verwesenlik, dan aanvaar ek jou as ons gids vir die reis en hoe vroeër jy opsaal, hoe gouer is ons daar.”

Soos ‘n dief in die nag

Susan de Lange van Cullinan skryf:
Ek geniet SA Horseman, veral die artikel oor Wes-Nylvirus in die September-uitgawe in 2010. Ek is baie bly vir Rupert, maar my ondervinding was baie anders ... Net voor Kersfees 2009, het ek my pragtige merrie as geskenk van my man gekry. Ek was só gelukkig. ‘n Plesier om elke dag met haar te werk. Ons dresseer. Als goed tot drie maande later.

Die Donderdagmiddag sien ek sy lyk af. Staan eenkant, lusteloos. Haar temperatuur wys 38,5oC maar dit is bietjie warm, so ek is nie dadelik te bekommerd nie. Kosgeetyd eet sy langtand. Vrydag eet sy nie, 38oC, geen verdere simptome nie. Veearts sê ons moet haar net dophou.

Saterdagoggend hang haar kop op die grond. Sy kan nie loop nie. Haar agterbene sleep met tye en dan tel sy dit weer hoog op. Dan draai sy in die rondte op een plek – heeltemal van balans af. As ek aan haar raak skrik sy en haar spiere bewe.

My veearts kom vinnig en lyk bekommerd. Dit lyk na LEM, beter bekend as fusarium-vergiftiging. Dit is ‘n swam wat groei op gemufte mielies. Maar ek voer self, koop vars kos, stoor dit in droë digte dromme. Waar kon sy dit kry? Hy noem ook Wes- Nylvirus, maar sê dit het baie jare terug laas hier voorgekom.

Hy spuit haar in en sê sy moet rustig bly. Sondag verloop dieselfde. Sy kom soek my en druk haar kop teen my, maar as ek aan haar vat lyk dit of dit seer is. Ek sê vir haar alles gaan okay wees, maar ek weet nie ... Maandag is sy nog slegter. Die veearts is lank by haar. Sy haal swaar asem, steeds dronk, van balans af, maar het vandag begin lê.

Sy sukkel om op te staan. Sy eet nie, drink bietjie water. (Ek sukkel om nou te skryf.)

Dis vyf-uur Dinsdagoggend, 9 Maart 2010. Ag, sy lyk sleg. Haar kop is geswel en sy haal moeilik asem. Sy lê met tye plat. Ek kry haar so jammer. Sy sukkel om te sien. As sy water drink, loop daar gelerige bruin vloeistof by haar neus uit. Ek moet ‘n besluit neem. Die veearts is op pad ... Dit word net erger. Sy kan nie haar voorbene lig nie. Sy lyk rustiger as ek haar kop teen my vasdruk. Maar dis net vir ‘n oomblik, dan kap sy vorentoe. Sy hyg. Sy kom voor my staan, haar kop tussen haar bene, voorbene kap woes. Toe sak sy inmekaar en ek kan niks doen nie. Sy is dadelik dood ...

Die outopsieverslag kon nie LEM bevestig nie. Na haar dood is daar blykbaar nog ‘n klomp perde dood aan Wes- Nylvirus, en my veearts sê hy glo nou dit was dit. Ons kon nog toetse gedoen het, maar sy is klaar weg ...

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.