Login / Register You are not logged in.

Featured ads

How can I feature my ad?

Diatome: Wonderkuur vir ons perdemaats?
deur Isak Maritz

Diatome het die laaste paar jaar vir gebruik in dieregesondheid toegeneem. Diatome is ‘n poeier wat slegs in Suid-Afrika se Noord- Kaapprovinsie voorkom. Diatome is in oertye deur varswaterbronne gevorm wat opgedroog het. Die stof word gemyn en gesuiwer.

Waarnemings op die afsettings waar die diatome vlak voorkom, toon dat wilde diere vanself in die diatome gaan rol, omdat hierdie wit poeier, wanneer dit teenwoordig is op die dier se vel, vlieë, muggies en bosluise weghou en odoende irritasie van vlieë, muggies en bosluise verminder

Waarnemings op die afsettings waar die diatome vlak voorkom, toon dat wilde diere vanself in die diatome gaan rol, omdat hierdie wit poeier, wanneer dit teenwoordig is op die dier se vel, vlieë, muggies en bosluise weghou en odoende irritasie van vlieë, muggies en bosluise verminder

Diatome is tans ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947), geregistreer as ‘n middel wat die algemene gesondheid van diere aanhelp. Dit beteken egter dat baie van die voordelige eienskappe wat reeds herhaaldelik met diatome in die praktyk gesien word, nog nie amptelik aangedui mag word nie.

Hierdie gesuiwerde diatome, of diatome konsentraat, word reeds in veevoere en lekke ingemeng, omdat dit breë-spektrum voordele bied in dieregesondheid. Ongesuiwerde diatome, of diatome rolmateriaal, word weer uitwendig gebruik deur dit op die grond uit te strooi en ‘n rolarea te skep waarin diere vanself gaan rol. Dit bied weer eksterne voordele aan diere.

Diatome en perde

Perde-eienaars en perdetelers gebruik al hoe meer diatome omdat daar sigbare resultate behaal word. Hierdie resultate is in ooreenstemming met voorlopige navorsingsresultate. Proewe word tans met van die voorste resiesperde in die bedryf gedoen en daar heers stille opgewondenheid oor die goeie resultate wat reeds behaal is.

Statisties verbeterde groei in vergelyking met vorige generasies en ouderdomme word gerapporteer. Verder is daar ook verbeteringe in hoefgroei waargeneem. Dit kan toegeskryf word aan die amorfe silika en spoormineraalkomponente wat in die diatome teenwoordig is. Verder is eienaars dit eens dat daar ook beslis ‘n verbeterde sigbare uiterlike vertoon van perde is, veral wat die kondisie van die perd se vel betref.

Diatome beskik ook oor ‘n katalis-aksie en kan op die wyse optree as ‘n moontlike katalisator wat die opneembaarheid van voerkomponente verhoog. Dit bly egter belangrik om diatome in ‘n gehalte voer in te meng om hierdie katalis-aksie wat diatome bied, maksimaal te benut.

Parasiete se Moses

Diatome het volgens verskeie proewe op ander dierespesies getoon dat daar min twyfel kan bestaan dat dit oor antiparasitiese eienskappe beskik. Verdere navorsing hierop is egter aan die gang om dit wetenskaplik in volledig gekontroleerde proewe te bevestig, sodat die bewerings oor onder andere die anti-parasitiese werking ook amptelik gemaak kan word.

‘n Voorlopige voerkraalproef met Merinolammers in die Wes-Kaap het ná ‘n proef van 35 dae, gemiddelde eiertellings(na behandeling met diatome deur dit in die voer in te sluit) van tussen 150 en 500 gehad, wat goed vergelyk het met die kontrolegroep wat chemies behandel is, se telling van 600 eiertjies. Positiewe terugvoer oor die anti-parasitiese werking word ook aaneenlopend deur die gebruikers van diatome vir onder andere wild gegee. Daar is in die proewe met perde ook anti-parasitiese voordele ondervind en in ooreenstemming word konvensionele behandeling deur sommige perdetelers/eienaars reeds uitgeskakel.

Minder reuke

Diatome blyk ‘n natuurlike vermoë te hê om misreuke te verminder deur onder meer ammoniak in die mis te bind en die mis gedeeltelik uit te droog. Dit het ook ‘n hoë absorpsievermoë, wat mag help om ander toksiene wat in diere kan voorkom te bind en dan deur middel van die mis uit te skei. Diatome het verder ‘n neutrale tot alkaliese pH van hoër as sewe (7) wat dit moontlike bu ereienskappe mag gee.

Navorsing op die afsettings waar die diatome vlak voorkom, toon dat wilde diere vanself in die diatome gaan rol, omdat hierdie wit poeier, wanneer dit teenwoordig is op die dier se vel, vlieë, muggies en bosluise weghou en sodoende irritasie van vlieë, muggies en bosluise verminder. Diere blyk dan self te besef dat die irritasie minder word met kontak met die wit poeier en gaan rol dan al hoe meer. Hierdie konsep word gedupliseer en nageboots deur diatome-rolareas te skep en die diatome rolmateriaal in krale uit te gooi.

Perde gaan rol graag hierin en die aanklou van die diatome op die vel veroorsaak ‘n afwerende e ek wat vlieë, muggies en bosluise weghou. Diatome absorbeer tot 400% van eie gewig in water en is ook baie doeltre end om vetolies te absorbeer.

Dit absorbeer byvoorbeeld bosluise se buitenste beskermende vetlaag, sodat die bosluise dehidreer, inkrimp en vrek.

Vlieë en vog

‘n Verdere toepassing van hierdie diatome is om dit in en om stalle en toe areas te strooi om kontak met vog en vlieë te verminder. Perde-eienaars strooi derhalwe diatome rolmateriaal in stalle om dit vog- en reukvry te hou. Perde behandel dus hulself wanneer hulle in hierdie rolareas rol, wat beteken dat stres uitgeskakel word. Reën benadeel nie diatome nie. Indien dit natgereën het, staan dit vir twee dae in die son, waarna dit weer uitdroog.

Vir meer inligting, kontak Diatoms Organiese Dieregesondheid by 053 723 1902 of isakmaritz@gmail.com

Top of page

Copyright © 1998 - 2012, Horse Junction. All rights reserved.